Nuus

 

By die ope dae het visekanselier prof Dan Kgwadi verskeie van die NWU se prestasies beklemtoon.

 

Hier is ’n paar voorbeelde:

 

  • Ons meer as 65 000 studente (insluitende kontak en afstandstudente) maak ons die  tweede grootste universiteit vir afstandsonderrig in Suid-Afrika (ná Unisa).

 

  • In 2018 het die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ons as die aktiefste Suid-Afrikaanse universiteit in die BRICS-groep aangewys. (BRICS staan vir Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika.)

 

  • Volgens die Quacquarelli Symonds (*QS) wêreldwye graderingsisteem het ons vier sterre (uit ʼn moontlike vyf) ontvang.

    In party van die kategorieë het ons selfs beter gevaar – ons het byvoorbeeld vyf sterre ontvang vir onderrig en leer en vir die indiensneembaarheid van ons gegradueerdes.

 

* (QS is ’n Britse maatskappy wat in opvoeding spesialiseer.

 

Ope dae stel ʼn nuwe tuiste bekend

Daar is ongeveer *26 000 universiteite wêreldwyd en hulle reël heelwaarskynlik net soveel ope dae regoor die wêreld. Hoekom maak die NWU se ope dae dan saak?

Jongmense met groot drome het weer eens na ons kampusse toe gestroom om meer uit te vind oor die fakulteite, koshuise, sport- en studentegeriewe.

Vir die voornemende studente wat die NWU se ope dae bywoon, is hierdie geleenthede waardevol, want dit stel hulle bekend aan die kampusse wat binnekort hul nuwe tuistes kan word.

 

Te midde van ’n atmosfeer vol opwinding en verwagting het meer as 10 000 voornemende studente en hul familielede 2019 se ope dae by ons universiteit bygewoon. Hierdie geleenthede het onderskeidelik op 11, 18 en 24 Mei in Potchefstroom, Vanderbijlpark en Mahikeng plaasgevind.

 

Drie feite om weg te neem

 

Visekanselier prof Dan Kgwadi het die toekomstige studente en hul ouers vertel dat hulle drie feite oor die NWU moet onthou.

 

Die eerste is dat die universiteit bekend is vir betrokke vakkundigheid. Dit het betrekking op ons kernbesigheid van onderrig en leer, navorsing en innovasie, en gemeenskapsbetrokkenheid, het hy gesê.

 

Tweedens moet voornemende studente en ouers onthou dat die NWU daartoe verbind is om maatskaplik responsief te wees en met ’n sorgsaamheidsetiek op te tree. “Dit sal definieer hoe julle as studente en ouers by die universiteit aansluit wanneer julle deel raak van ons NWU-gemeenskap.”

 

Ons wêreldwye voetspore

 

Die derde punt wat die moeite werd is om te onthou, is dat die NWU ’n internasionaal-erkende universiteit is. Die talle internasionale studente op ons kampusse is een aspek wat ons wêreldwye voetspore wys. Dit maak die universiteit “die plek waar studente die wêreld kan beleef”, het hy uitgewys.

 

Wat die NWU nog meer spesiaal maak as ’n potensiële tuiste, is – in prof Dan se woorde – dat dit “’n plek is waar elke student se volle potensiaal gerealiseer word”.

 

* Dit is volgens ’n artikel wat op Quacquarelli Symonds se webtuiste gepubliseer is, wat ’n konserwatiewe Webometrics-telling van 26 000 gebruik.

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

“Die NWU is ’n plek waar verbeelding geen grense ken nie.”

- Prof Dan Kgwadi, visekanselier

 

Hierdie video gee jou ’n oorsig van die ope dae wat op ons kampusse in Mahikeng, Potchefstroom en Vanderbijlpark gehou is.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U