Nuus

Die Olimpiese gouemedaljehouer, Caster Semenya, het by die 2016 Alumnitoekennings ’n NWU Ambassadeurstoekenning vir haar uitmuntende vertoning by die 2016 Olimpiese Spele in Rio ontvang.

Caster Semenya is een van die internasionale atlete van wêreldgehalte wat die NWU opgelewer het. Sy is in 2017 vir die derde agtereenvolgende keer as die NWU se Sportvrou van die Jaar benoem. Foto: Potchefstroom Herald

Caster kan steeds onmenslike IAAF-saak wen

’n Onlangse hofbeslissing wat die NWU-alumna Caster Semenya dwing om haar testosteroonvlakke deur medikasie te verlaag as sy aan sekere baannommers vir vroue wil deelneem, is diskriminerend en kan as die basis vir ’n suksesvolle appèlproses dien.

Trouens, Caster het reeds haar appèl ingedien teen die kontroversiële besluit van die Hof Vir Arbitrasie In Sport (CAS), wat in Mei 2019 die testosteroonlimiet goedgekeur het wat deur die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) beplan word.

 

Prof Tumi Mmusinyane, ’n medeprofessor by die Fakulteit Regte op die kampus in Mahikeng, sê die vraag kan gevra word waarom die IAAF en die Olimpiese Handves nie op vroulike atlete met verskille in seksuele ontwikkeling (DSD) van toepassing is nie.

 

 “Is hulle dit nie waardig om as gelyke mense dieselfde menseregte-beskerming as ander uitmuntende vroulike atlete te geniet nie?”Volgens Tumi is dit noodsaaklik om te erken dat vroulike atlete met DSD – soos Caster – steeds as vroulik beskou word en dieselfde beskerming behoort te geniet.

 

Hy wys daarop dat Artikel 1 van die Universele Verklaring van Menseregte ook sê alle mense word vry gebore en het gelyke waardigheid en regte. Hulle is met rede en ’n gewete toegerus en moet in ’n gees van broederskap teenoor mekaar optree.

 

Vernederend teenoor Caster

 

CAS het onlangs die diskriminerende IAAF-regulasies gehandhaaf wat oor vroulike atlete met DSD handel – ’n besluit wat die Suid-Afrikaanse regering betwis.

 

Prof Tumi Mmusinyane is ’n medeprofessor by die Fakulteit Regte op die kampus in Mahikeng.Tumi sê die implikasie is dat indien Caster weier om die medikasie te neem, sy toegelaat kan word om teen “manlike atlete” mee te ding.

 

“Die CAS-reëling het ’n internasionale onsekerheid veroorsaak, en as dit nie hanteer word nie, kan dit waarskynlik tot gevolg hê dat daar op diegene getrap word wat as DSD geklassifiseer word.

 

“Hulle kan ook onmenslik behandel word, terwyl hul waardigheid, gelykheid, menslikheid en privaatheid as vroue geskend word.”

 

Hy het afgesluit dat die Semenya-reëling deur CAS suiwer op grond van menseregte vir appèl vatbaar is, aangesien die DSD-regulasies diskriminerend van aard is omdat dit daarop gemik is om net vroulike atlete te beperk en nie ook manlike atlete nie.

 

Dit is belangrik om sulke reëlings te betwis, sê hy, só nie sou dit wat die Wêreld Mediese Vereniging (WMA) as abnormaal beskou – met ander woorde dat chemiese middels gebruik moet word om ’n atleet se hormonale samestelling te verander – daardeur “genormaliseer” word.

 

Die WMA het dokters gevra om nie die IAAF se regulasies na te kom nie, aangesien dit die internasionale kode vir mediese etiek sou skend.

 

Suid-Afrikaners wag in spanning op die uitkoms van Caster se appèl teen die IAAF se planne om die testosteroonvlakke van vroulike atlete te beperk.

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

 

Prof Tumi Mmusinyane’s se hele regsargument kan hier gelees word.

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U