nuus


Ons maskot, Eagi, verteenwoordig die handelsmerk-eienskappe van ʼn verenigde NWU.

 

Die arend het in talle kulture ’n positiewe betekenis. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek by die NWU se strategie en doelwitte pas. Dit sluit in sukses, ambisie, dapperheid, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid.

 

Eagi simboliseer ons toewyding om die lewe met kreatiwiteit aan te pak en uit te styg bo die res.

 

Hy verteenwoordig ook ons strewe om geleenthede te vind om uit te blink en voortdurend te verbeter.

Eagi vertel wat gebeur

Eagi, ons NWU-maskot, help om tred te hou met alles wat by die NWU gebeur. So, laat ons sonder meer na die nuuskamer toe gaan waar Eagi vir julle ’n oorsig van die NWU sal gee.

Ons vertrou dat julle die volgende stories interessant sal vind:


NWU spog met twee M&G Jong Suid-Afrikaners

Dr Aurelia Williams, ’n senior lektor by die NWU se vakgroep Biochemie, en dr Musawenkosi Saurombe, ’n NWU-alumna, is op 28 Junie by ’n galageleentheid as twee van die Mail & Guardian se 200 Jong Suid-Afrikaners aangewys.

 


Matrikulante vol lof vir NWU se Winterskool

Graad 12-leerders wat die Winterskool op die NWU se kampusse in Mahikeng en Vanderbijlpark bygewoon het, is beïndruk met die onderrig wat hulle ontvang het.

 

Nadat hulle die Winterskool vanaf 23 Junie tot 4 Julie 2019 bygewoon het, is hierdie leerders nou gereed en gemotiveer om hul bes in die finale eksamens te doen.

 


NWU-studente sluit aan by die paneel van die Verenigde Nasies se Akademiese Raad

Vier NWU-meestersgraadstudente was onlangs deel van die Akademiese Raad van die United Nations System (ACUNS) tydens die jaarlikse byeenkoms in Stellenbosch.

 

Prince Gontse Motaung, Tshegofatso Hazel Tomodi, Mpho Santho en Resego Letlhogile van die vakgroep Politieke Studies en Internasionale Verhoudinge het die geleentheid saam met hul toesighouer, dr Norman Sempijja, vanaf 19 tot 21 Junie 2019 bygewoon.

 


NWU stel uitnemende sakeleier as sy derde kanselier aan

Die NWU se Raad het by sy vergadering van 20 Junie dr Anna Mokgokong, uitnemende sakeleier en entrepreneur, as sy derde kanselier aangestel.

 

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL


Nuwe Tegnologiemeent sal onderrig en leer bevorder

Die biblioteek op die kampus in Mahikeng ontwikkel tans ʼn Tegnologiemeent wat uit ’n MakerSpace-, One Button- en potgooi-ateljee bestaan.

 

Met hierdie byvoeging sal die Mafikengkampusbiblioteek die eerste van die NWU se drie kampusse wees wat met hierdie voorpuntgeriewe kan spog.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

VOLGENDE

>

INHOUD

NWU & U