NUUs

Prof Marilyn Setlalentoa spreek die Botswana-alumni toe tydens die geleentheid wat in Gaborone gehou is.

Yvonne Kgwarae (links) is die koördineerder van die Botswana-alumni. Saam met haar is Tshepisho Sebeela, die NWU se alumniverhoudingepraktisyn in Mahikeng.

Botswana-alumni kuier in Gaborone

Daar is meer as 2 000 NWU-alumni in Botswana, wat maak dat die hoofstad, Gaborone, die ideale plek is om ’n alumni-reünie te hou.

Prof Marilyn Setlalentoa (middel) geniet die geselskap van die alumni wat in Gaborone bymekaargekom het.

By die jongste alumnibyeenkoms wat op 17 Mei 2019 by die Grand Palm Hotel gehou is, het prof Marilyn Setlalentoa, adjunk-visekanselier vir gemeenskapsbetrokkenheid en vir kampusbedrywighede in Mahikeng, die NWU verteenwoordig.

 

In haar toespraak het Marilyn gepraat oor die vordering wat gemaak is sedert die implementering van die nuwe NWU-strategie en oor die jongste ontwikkelings by die universiteit. Sy het ook die alumni aangemoedig om by die NWU-konvokasie aan te sluit.

 

“Dit sal meebring dat julle help om die universiteit te bevorder en deur verteenwoordiging op die NWU Raad die universiteit aktief beïnvloed,” sê sy.

 

Die voorsitter van die Botswana-alumni-afdeling, Yvonne Kgwarae, het ook die alumni gevra om aan die aktiwiteite van hul alma mater deel te neem.

 

“Ek beskou myself as baie bevoorreg omdat ek ’n stewige grondslag by die NWU gekry het,” sê Yvonne. “Die universiteit sal altyd ’n spesiale plek in my hart hê. Laat ons as alumni dus begin om iets in ons instelling terug te ploeg.”

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

VORIGE

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U