NUUs

Nadat sy vir die afgelope 12 jaar die leisels by die NWU se Alumnikantoor gehou het, verruil Izette nou die Mooirivier in Potchefstroom vir die kanale van die Nederlandse stad Groningen.

Izette sê een van die hoogtepunte van haar loopbaan was die besoek in 2017 aan prof Tjaart van der Walt, voormalige rektor van die kampus in Potchefstroom, om aan hom ’n Leeftydprestasietoekenning van die NWU te oorhandig.

Izette en haar gesin is hier met vakansie in die Nasionale Krugerwildtuin.  By haar is haar man, Bram (middel), en hulle dogters Marné (heel links) en Jonél, saam met Jonél se man, Janco Jordaan (heel regs).  Bram se ouers was Nederlanders en hy het steeds familie in Nederland.

Totsiens, Izette!

Ná 12 jaar by die NWU-alumnikantoor is die departementshoof, Izette Schouwstra, op pad na die Rijksuniversiteit Groningen in Nederland waar sy sal help om nuwe lewe in hul alumniprogram te blaas.

Sy het voorheen in Nederland gewoon en sien uit na die uitgestrekte groen landskap van haar aangenome tuiste. Sy laat egter ’n klomp gelukkige herinneringe agter, asook ’n nalatenskap waarop sy trots kan wees.

 

V: Wat was die gunstelingdeel van jou werk?

 

A: Om met mense soos my kollegas en ons alumni saam te werk, was die heel lekkerste, en ek gaan dit baie mis. Die Nederlanders is nie so persoonlik en intiem soos ons nie. Ek het nog altyd geglo ’n mens moet dinge met jou mense deel, en nie weggaan sonder om hulle in ’n beter posisie agter te laat nie. Ek dink ek het dit wel reggekry. Ons is ’n formidabele span met een doel voor oë.

 

V: Wat maak die alumni van die NWU so besonders?

 

A: Ek dink die feit dat ons alumni soveel van mekaar verskil. Ons samestelling is uniek, en dis ’n groot voordeel. Ons het so baie verskillende kulture en mense wat passievol is oor die NWU.

 

V: Wat is van jou persoonlike hoogtepunte as departementshoof van die Alumnikantoor?

 

A: Ons het in 2017 die voormalige rektor van die kampus in Potchefstroom, prof Tjaart van der Walt, besoek. Hy was so broos, en ons het na sy aftreeoord gegaan om aan hom ’n Leeftydprestasietoekenning te oorhandig. Sy gedagtes was daardie dag so helder en hy het so mooi en met soveel passie oor die universiteit en die pad vorentoe gepraat.

 

V: Kan jy vir ons van ’n paar mense vertel wat ’n groot invloed op jou tyd hier gehad het?

 

A: Louis Jacobs, die direkteur van Korporatiewe Kommunikasie, was van die begin af saam met my hier, en ek het soveel by hom geleer, soos hoe hy dinge onmiddellik gedoen te kry. Hy was altyd my klankbord.

 

Dan is daar Thandi Ralekgetho en Louisa Vermeulen. Dit voel amper of ek hulle grootgemaak het. Ons het ’n ongelooflike alumnidatabasis wat met enigeen in die wêreld vergelyk kan word, en dit is danksy Thandi en Louisa.

 

V: Wat maak die NWU so spesiaal vir jou?

 

A: Die NWU is nie net my werk nie. Dit is waar my vriende is. Dis die  plek waar mense liefde en verlies ervaar. Ek was ’n student hier en het amper 20 jaar lank hier gewerk (insluitende ses jaar by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe). Ek het saam met die universiteit gegroei.

 

Alles van die beste vir die volgende fase van jou loopbaan, Izette, en ons hoop dat jou paadjie en ons s’n weer in die toekoms sal kruis. – Redakteur

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Hier is Izette, prof Fika Janse van Rensburg, die vorige adjunk-visekanselier op die kampus in Potchefstroom, en Abigail Leshope, alumniverhoudingepraktisyn, saam met NWU-alumna Carina van der Walt en haar seun, Bernard van der Walt, op hul plaas Schalkwykskraal op die walle van die Gariepdam. Die Van der Walts was in Augustus 2018 die gashere van die Gariep alumni-geleentheid.

VORIGE

<

Izette was deel van ’n groep van NWU-personeellede wat vir Demi-Leigh Nel-Peters – Mej Heelal en NWU-alumna – in Suid-Afrika verwelkom het. Demi-Leigh het op 24 Januarie 2018 by die OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom, en was vir die eerste keer weer tuis nadat sy die titel in 2017 verower het. Van links is Gregory Sekobotsane, Warren Makgowe, Izette, Demi-Leigh, Abigail Leshope en Vincent Eastes.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U