NUUs

By die Nelspruit alumnigeleentheid is van links Ulrike Bezuidenhout, Laxa Jacobs, Enrica du Toit en Salome Kleynhans.

 

Hou ons studente veilig

 

Een van die onderwerpe wat prof Daryl Balia bespreek het, was hoe die universiteit, in samewerking met die munisipaliteit in Potchefstroom, ’n niewinsgewende organisasie gestig het om die veiligheid van studente in die Bult-omgewing net buite die kampus te verseker.

 

 

Alumni geniet ’n tikkie oranje in Nelspruit

In die hart van Mpumalanga, waar oranje die kleur van pragtige sonsondergange en ryp subtropiese vrugte is, is dit heel gepas dat ons alumni by die Orange-restaurant in Nelspruit byeengekom het.

In die hart van Mpumalanga, waar oranje die kleur van pragtige sonsondergange en ryp subtropiese vrugte is, is dit heel gepas dat ons alumni by die Orange-restaurant in Nelspruit byeengekom het.

 

By dié geleentheid op 9 Mei 2019 het alumnipraktisyn Abigail Leshope die 21 alumni verwelkom. Daarna het prof Daryl Balia, die adjunk-visekanselier vir kampusbedrywighede in Potchefstroom, hulle op hoogte gebring van al die nuwe en opwindende dinge wat by die NWU gebeur.

 

Toe het Abigail met die sak patats vorendag gekom: Daryl het daardie dag sy verjaardag gevier. Dit het ’n paar alumni geïnspireer om vir hom ’n verjaarsdagliedjie te sing wat eie was aan hulle koshuis toe hulle studente was.

 

Die aand het op dieselfde vrolike noot voortgegaan, met die ouer alumni wat die geselskap geniet het van die jongeres, van wie sommige so onlangs as verlede jaar gegradueer het.

 

 

 

dIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

VORIGE

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U