NUUs

Programdirekteur Hanlie Smuts van Korporatiewe Kommunikasie spreek die alumni by die ontbytgeleentheid toe.

 

Die ABC van die Konvokasie

 

Die NWU-konvokasie bestaan uit voormalige studente (alumni) wat ’n graad of diploma aan die NWU of sy voorgangers verwerf het, asook die universiteit se huidige permanente personeel. Vir meer inligting oor die konvokasie, klik hier.

 

Alumnus en seremoniemeester Thami Mangezi het beslis nie na woorde gesoek tydens die onlangse afskeidsfunksie vir finalejaarstudente nie.

Die metamorfose van ’n alumnus    

Hulle het soos kleurvolle skoenlappers gelyk, gereed en gretig om weg te vlieg en die wêreld te verken.

Watter pragtige gesig: blinkoog-finalejaarstudente sit die Groot Lapa vol vir hulle afskeidsfunksie.

In pas met die kleredragkode van “lentekleure” was die 700 finalejaarstudente ’n pragtige gesig, veral met die prentjiemooi Vaalrivier as agtergrond.

 

Dit was die toneel op 25 Oktober 2018 by die Groot Lapa op die kampus in Vanderbijlpark toe die visekanselier, prof Dan Kgwadi, en alumna Nkateko Khoza die finalejaars toegespreek het. Die tema van die funksie was “Die einde van een era en die begin van ’n ander een”.

 

Daarmee in gedagte het prof Dan en Nkateko gesê hulle moet die NWU in hul harte bewaar, aangesien die era van studentwees tot ’n einde kom. Hulle het die studente ook aangemoedig om in kontak te bly wanneer hulle die nuwe era as alumni betree.

 

Vorentoe in tyd

 

’n Paar dae later, op 29 Oktober, het ’n ander groep op die kampus bymekaargekom. Met hul finalejaar-afskeid nou net ’n kosbare herinnering uit die verlede, het 50 alumni ’n ontbyt bygewoon waar adjunk-visekanselier prof Linda du Plessis hulle toegespreek het.

 

By hierdie geleentheid het hulle ook meer inligting oor die Konvokasie ontvang. “Ons het dit hoog op die agenda geplaas nadat ons talle oproepe van ons alumni ontvang het wat gevra het wat die Konvokasie presies is,” sê alumniverhoudingepraktisyn, Zanele Ngobese.

 

Ons het aan die einde van 2018 gesien hoe nog ’n era plek maak vir ’n nuwe een en nog ’n groep studente in alumni verander. Daar is egter een konstante element in hierdie vloei van tyd: die onbreekbare band tussen alumni en hul alma mater.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Teenwoordiges by die funksie wat vir finalejaars aangebied is, is (van regs) Clement Manako, uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking, eerwaarde David Dinkebogile, ’n NWU-raadslid, en Jacob Simango, direkteur vir studentelewe op die kampus in Vanderbijlpark.

previous

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U