ProfiELE

Sipho en Nnene Xipu is die meerderheidseienaars van Triple M Mining.  As voorstanders van voortgesette onderrig glo hulle dat die NWU se MBA-program ’n ander dimensie by hulle loopbane gevoeg het. Hier is hulle in hul Triple M Mining-kantoor in Rustenburg.

 

Vinnige feite oor die Xipu’s

 

  • Hulle het mekaar in Mahikeng in Noordwes ontmoet.
  • Die egpaar het tans meer as 2 500 werkers in diens.
  • Hulle is die trotse ouers van vyf dogters en ’n kleinseun.
  • Nnene was ’n onderwyser in Mahikeng voordat sy by haar man in Rustenburg aangesluit het.
  • Sipho is die voorsitter van al die maatskappye waarvoor sy vrou as besturende direkteur verantwoordelik is.

 

Egpaar delf diep vir hul sukses in mynwese

’n Egpaar wat groot dinge in die mynbousektor in die mineraalryke Rustenburg-omgewing vermag, skryf hul sukses grootliks aan die NWU se meestersgraad in besigheidsadministrasie (MBA) toe.

Sipho and Nnene Xipu het albei hul MBA’s op die kampus in Mahikeng voltooi, ofskoon dit op verskillende tye was. Hulle sê die leiding van die akademiese personeel, asook die MBA se toepaslike wêreldgehalte-inhoud, was vir hulle perfek. Die egpaar het hul MBA’s onderskeidelik in 2007 en 2014 behaal.

 

Hulle is die meerderheidseienaars van Triple M Mining, ’n maatskappy wat vir groot name in die mynwese soos Impala Platinum, Lonmin Platinum, Royal Bafokeng Platinum, Harmony Gold en Bokone Platinum in Limpopo myn.

 

Hulle het in 2002 Triple M Mining saam met twee ander vennote begin. Hulle het daarna die bestuur van die maatskappy oorgeneem en hul agtergrond in opvoedkunde en mensehulpbronbestuur deeglik ingespan. Veral Sipho se vorige rol as senior mensehulpbronbestuurder by die Harmony-myn het baie handig te pas gekom.

 

Bemagtig gemeenskappe deur mynbou

 

Omdat die egpaar daarin glo om gemeenskappe deur mynbou te bemagtig, het hulle twee jaar gelede die Afrihope-gemeenskapstrust gestig.

 

Volgens Nnene is die fokus van hierdie projek om met behulp van ’n vaardigheidsouditprogram vroue in mynbou te bemagtig.

 

Werkers gaan van deur tot deur om inligting oor die plaaslike gemeenskappe in te samel en aan te teken. Dit sluit inligting oor gegradueerdes en die vaardigheidsvlakke van werklose mense in.

 

Mynmaatskappye kan hierdie inligting vir hul werwingsinisiatiewe en gemeenskapsontwikkelingsprojekte gebruik.

 

“Ek glo dit skakel stakings en klagtes van die plaaslike gemeenskappe oor werkloosheid uit wanneer daar myne reg op hul voorstoep is,” sê Nnene.

 

Waarom MBA studeer?

 

Die egpaar het nie hul sukses as vanselfsprekend aanvaar nie, en hulle weet wat die waarde van voortgesette opleiding is.

 

“Ons het doelbewus besluit om te studeer – ons moes vir die toekoms beplan en ons wou seker maak ons het albei dieselfde kwalifikasie van goeie gehalte. Dit was beslis die beste besluit om te neem,” sê Sipho.

 

Met dié dat hulle reeds soveel sukses in hul loopbane behaal het, gee Nnene ’n graag advies namens die twee.

 

“Leer om geduldig en bedagsaam te wees. Daardeur kan jy bereik wat jou hart begeer. Geduld het my gebring waar ek vandag is. Kitsoplossings help nie; die wêreld werk nie so nie.”

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Die toekoms van mynbou

 

Die Xipu’s het onlangs die eienaarskap van maatskappye rondom Rustenburg, asook ’n aandeel in SAN Holdings, gekry.

 

“Die toekoms van mynbou is in digitalisering, die aanleer van nuwe vaardighede en gemeenskapsontwikkeling,” sê die egpaar, wat presies weet waarheen hulle met Triple M Mining en die ander maatskappye op pad is.

 

Hulle strewe vir die toekoms is om al hulle maatskappye onder een sambreel te konsolideer met die oog op ’n notering op die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE).

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U