nUUs

Alexa Strachan, hoof- uitvoerende beampte van die Aardklop Kunstefees, was een van die spesialiste wat produksiebestuurders en kunstenaars by die werkswinkels geïnspireer het.

 

Hierdie jaar se werkswinkels het van 2 tot 5 Oktober by die Cachet Kleinteater in Potchefstroom plaasgevind en het 20 deelnemers wat ’n passie vir die teater en veral vir kunstefeeste het, gelok.

Sukses in die kollig

Uitdagende ekonomiese toestande en ’n soms ongunstige politieke omgewing maak dit baie moeilik vir die kunste, en veral vir kunstefeeste, om in Suid-Afrika te floreer.

Hoewel die feeste uiters gewild is, met duisende mense wat dit elke jaar bywoon, moet produksiebestuurders en kunstenaars vindingryke en kreatiewe maniere kry om baie skaars hulpbronne doeltreffend te bestuur.

 

Aardklop, een van die land se gewildste kunstefeeste, was die perfekte platform vir ’n reeks van vier werkswinkels oor doeltreffende produksiebestuur.

Verfyn die kuns… hierdie deelnemers aan die werkswinkels luister aandagtig en is gretig om hul vaardighede te slyp.

Hierdie blink gedagte was ’n samewerkingsgeleentheid tussen Artéma, die Instituut vir Kunstebestuur en -ontwikkeling op die NWU se kampus in Potchefstroom, Aardklop, en die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV).

 

Chris de Bruyn, bestuurder van Artéma, sê hoewel dit die tweede jaar is dat hierdie spesifieke reeks werkswinkels gehou is, Artéma sedert 2004 by kunstefeeste soos Aardklop en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) by opleiding betrokke is.

 

Ligte, kamera, aksie!

 

Die werkswinkels het produksiebestuur, tegniese aspekte, logistiek, begrotings, bemarking en outeursregwetgewing in die Suid-Afrikaanse konteks ingesluit.

 

“Ons is baie trots daarop dat ons uiteenlopende aanbieders uit ’n verskeidenheid dissiplines in die vermaakbedryf gehad het,” sê Chris.

 

Die indrukwekkende lys van spesialiste het die room van die plaaslike kunstebedryf verteenwoordig. Hulle was Hugo Theart, waarnemende hoof- uitvoerende beampte van die KKNK, Saartjie Botha, bestuurder van die Universiteit Stellenbosch se Woordfees, en Ismail Mohammed, hoof- uitvoerende beampte van die Markteaterstigting.

 

Alexa Strachan, hoof- uitvoerende beampte van die Aardklop-kunstefees, het ’n aanbieding gedoen oor wat van produksiebestuurders verwag word, en die plaaslike kunstefeestoneel in konteks geplaas.

 

Pieter-Jan Kapp, ’n professionele produksiebestuurder, Suzaan Keyter, KykNET se publisiteitsbestuurder, Dietrich de Beer, ’n konsultant, en Wilmer Müller van WM Media het die lys kundige sprekers aangevul.

 

“Op die ou end was die boodskap duidelik – hoewel daar talle uitdagings is, het kunstefeeste wel ’n plek in Suid-Afrika,” sê Chris. “Hulpbronne raak toenemend moeiliker om te vind, maar met die regte gesindheid, vaardighede en deursettingsvermoë kan en sal kunstefeeste oorleef.”

Vir meer inligting oor volgende jaar se werkswinkels, stuur ’n e-pos aan chris.debruyn@nwu.ac.za.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Chris de Bruyn, bestuurder van Artéma, glo die werkswinkels oor doeltreffende produksiebestuur sal help dat die verhoogligte by die kunstefeeste aan bly.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U