REDAKSIONEEL

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Christopher Motabogi

Tumelo Muteme

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Hanlie Smuts

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Karen Viljoen

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Redaksie

Nelia Engelbrecht

Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

 

Alumniverhoudinge-praktisyns

 

Tshepisho Sebeela (Mahikeng)

tshepisho.sebeela@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

 

Wat het ’n afloswedloop, ’n perdewedren en ’n rotteresies gemeen?

Geagte alumni

 

Een van die groot verskille tussen ’n perdewedren, ’n afloswedloop en ’n rotteresies is dat daar ’n einde aan die eerste twee is. Die rotteresies hou aan.

 

In hierdie uitgawe van die NWU & U vergelyk ons die voorbereiding vir ’n perdewedren met die touwys maak van ons studente vir die werksomgewing. Ons vergelyk ook prof Daryl Balia se opvolging van prof Fika Janse van Rensburg as adjunk-visekanselier op die kampus in Potchefstroom met iemand wat die aflosstokkie in ’n afloswedloop aanvat.

 

En dan is daar die rotteresies. Dit roep verskillende beelde op. Party van ons sien ’n prentjie van rotte wat teen mekaar meeding om ’n begeerlike happie soos ’n stukkie kaas in die hande te kry. Ander sien dalk ’n rot wat al in die rondte op ’n trapmeul hardloop en baie vinnig nêrens kom nie.

 

Gelukkig raak die rotteresies soms stadiger of die ritme verander, byvoorbeeld wanneer jy met vakansie gaan, soos dit waarskynlik nou gaan gebeur. Maar hou dit ooit op? Nie werklik nie.

 

Hierdie jaar se loopbaan-rotteresies gaan net oor in die vakansie-rotteresies – alles moet reggekry word vir die vakansie by die see of die feesseisoen se vierings. Daar is egter ’n mate van waarheid in die gesegde dat ’n verandering net so goed soos ’n vakansie kan wees – selfs al is dit die rotteresies se pas- of plekverandering.

 

Geniet die opwinding van die vakansiegejaag, maar probeer om dit ietwat stadiger aan te pak. Soek ’n bietjie stilte. Sit jou voete in die water of wikkel jou tone in die sand. Haal asem. Wéés net vir ’n rukkie.

 

Lekker lees!

 

Nelia en die

NWU & U-span

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U