nUUs

Sy kompas werk steeds ... Bert Sorgdraer, wat ’n boodskap namens die NWU Raad, die Konvokasie en die alumni gelewer het, sê Fika ís die Potchefstroomkampus. “Hy het altyd by sy ‘ware noord’ gebly, en soos Fika 40 jaar gelede was, só is hy nog steeds.”

 

Wat ’n manjafika reis!

 

 

Hulle noem hom Moses, Krismisvader, Manjafika, maar eintlik is hierdie imposante man met die spierwit hare ʼn rots, wat sy naam dan inderdaad ook in Suid-Sotho beteken.

 

Klik hier om meer oor die hoogtepunte, staaltjies, uitdagings en spesiale oomblikke te lees wat Prof Fika Janse van Rensburg met ons deel.

 

 

Die afloswedloop het begin …

Wanneer die stokkie tydens ’n afloswedloop oorgegee word, is presisie alles. Wanneer die eerste atleet naderkom, moet die een wat volgende moet hardloop, gereed wees vir ’n gladde en naatlose oorgee.

 

Dit is presies wat ons te wagte kan wees wanneer die nuwe adjunk-visekanselier van die kampus in Potchefstroom die stokkie ontvang.

Tydens Fika se afskeidsfunksie het hy en Daryl kastig aan ’n afloswedloop deelgeneem. Dit was simbolies van die soomlose oorgang wat daartoe sal lei dat Daryl in Januarie 2019 die aflosstok  as adjunk-visekanselier sal oorneem. Tydens sy loopbaan het Fika alles gegee tot voordeel van die kampus. Net so is Daryl vas van plan om toe te sien dat die kampus en die universiteit floreer.

Prof Fika Janse van Rensburg tree aan die einde van die jaar uit dié posisie af en gee dan die stokkie oor aan prof Daryl Balia, die voormalige dekaan van die Fakulteit Teologie.

 

Tydens Fika se onlangse afskeidsfunksie op die kampus het prof Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, gesê Fika het tydens die bykans 40 jaar wat hy by die universiteit gewerk het ʼn ongelooflike bydrae gemaak. “Baie dankie, jy sal altyd ʼn kleinood vir die instelling wees.”

 

Dalena d’Assonville, voorsitter van die Studentekampusraad, het gesê die studente het hom as ʼn ware legende beskou wat nooit vergeet het dat studente ʼn belangrike deel van die NWU is nie. “Dankie prof, dit was ʼn ‘manjafika’ tyd saam met u.”

 

Vat die stokkie stewig vas

 

Daryl sal vroeg in Januarie die posisie van adjunk-visekanselier inneem.Sy ideaal vir die NWU is om te help om die instelling doelgerig vorentoe te neem na sy doelwit om ʼn unitêre universiteit te word.

 

“Ek wil hê ons moet ʼn gedeelde identiteit hê sodat ons onverdeeld sal wees in ons strewe om die samelewing te skep waaraan ons grondlegger, Nelson Mandela, sy lewe gewy het.

 

 “My groot visie is om die NWU, en veral die Potchefstroomkampus, die wonderlike plek te hou wat dit vir soveel van ons personeel en studente was en steeds is.”

 

Klik op die skakels in die linker- en regterkolom om meer van Fika en Daryl se visionêre denke en omgee-harte te wete te kom.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Laat elke minuut tel, sê prof Daryl

 

 

Hy is ’n man wat van sy filterkoffie hou, en hy glo daaraan om die beste gebruik van sy tyd te maak.

 

Dit is prof Daryl Balia, die pasaangestelde adjunk-visekanselier vir die kampus in Potchefstroom.

 

Klik hier om meer uit te vind oor Daryl en hoe hy sy toekomstige rol sien.

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U