PROFIELE

Hy het waarskynlik vlerke aan sy voete, plus ’n ekstra paar longe… “Comrades-koning” Wietse van der Westhuizen het al 41 agtereenvolgende Comrades-marathons kafgedraf.

Ons Comrades-koning: 41 kafgedraf en steeds op pad

Jou oë bedrieg jou nie en dis nie ’n tikfout nie: NWU-alumnus Wietse “Ivan” van der Westhuizen het al 41 agtereenvolgende Comrades-marathons agter die rug.

Hy het vroeër hierdie jaar sy mees onlangse Comrades gehardloop toe hy die resies in net minder as 11 uur voltooi het. Dis nie verniet dat Wietse as die “Comrades-koning” bekendstaan nie.

 

“Dit was ’n goeie dag op die pad. Ek het ’n heupbesering gehad waaraan ek aandag moes gee, maar weer eens het ek en my dogter, Louise, ’n goeie wedloop gehad en ’n paar ander atlete gehelp om die Comrades in minder as 11 uur te voltooi.”

 

Klaar met die Comrades is hy nog lank nie – sy mikpunt is 50 agtereenvolgende wedlope. “Ek is deur die genade van God gesond en was in staat om die afgelope 41 jaar deel te neem. Nou het ek nog nege oor.”

 

Ter wille van hardloop

 

Wietse het in 1979 sy onderwyskwalifikasie aan die NWU verwerf en hardloop al so lank as wat hy kan onthou. Hy het aanvanklik aan landloopnommers deelgeneem, ’n resiesstapper geword, en sy marathonloopbaan in 1978 in sy derde studiejaar op die ouderdom van 19 jaar afgeskop.

 

Een van sy moeilikste wedlope was die Comrades van 2013.Dit was een van die warmste dae in die geskiedenis van die Comrades, met warm bergwinde wat al ons energie getap het. Die uitvalkoers daardie jaar was baie hoog en talle mense is vir ontwatering behandel,” sê hy.

 

Dit loop in die familie

 

Hy woon tans in die Moederstad, Kaapstad, saam met sy vrou Wilna en hulle twee dogters, Louise en Wilandi.

 

Albei sy dogters is ook Comrades-deelnemers. Louise het al vyf Comrades-wedlope agter die rug en Wilandi drie. Wietse beskryf sy trotsste oomblik as die dag toe sy dogters aan hul eerste Comrades deelgeneem het.

 

“Ek gebruik my opleiding om ander hardlopers wat daarvan droom om aan die Comrades deel te neem, te motiveer en af te rig,” sê hy. Hy het ’n paar jaar gelede sy eie hardloopklub, “Wietse se run”, in Bellville begin, waar hardlopers van alle vlakke van die samelewing saamkom en vriende maak en met ’n gedeelde doel voor oë oefen.

 

“Die beste manier om iets gedoen te kry, is om net te begin. As jy nog altyd die Comrades wou hardloop, begin net met jou afrigting en sluit by ’n klub of groep hardlopers aan om deur moeilike tye gemotiveerd te bly,” sluit hy af.

 

Klik hier om ’n paar video’s oor Wietse se marathon-geskiedenis met die Comrades te kyk.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U