nUUs

 

Hoor hoe sag val die reën… of nie?

 

 

Suid-Afrika is ’n droë land met baie waterbeperkings waarvan 8% as baie droog en 1% as humied geklassifiseer word. Die Verenigde Nasies se Konvensie vir die Bekamping van Verwoestyning (UNCCD) klassifiseer die oorblywende 91% van die land as sub-humied, halfdroog en droog.

 

Soos van ’n relatief droë land verwag kan word, is natuurlike weiding die oorwegende grondgebruik wat meer as 80% van die land beslaan en waarvan slegs 12% van die grondoppervlakte vir die aanplanting van gewasse gebruik kan word.

 

Grond en bloed: ons 'superhelde' gereed om te red

Twee wêreldwye gevare bekruip ons stadig en baie van ons besef nie hoe vernietigend hulle kan wees nie. Gelukkig het twee NWU-navorsers onlangs met hul stryd teen die bedreiging van verwoestyning en hipertensie hul “superheld-kleure” verdien.

Dié twee met die superheld-mantels is prof Klaus Kellner en prof Alta Schutte.

 

Klaus is as ’n lid van die nasionale koördineringsliggaam van die Verenigde Nasies se Konvensie vir die Bekamping van Verwoestyning (UNCCD) in Suid-Afrika aangestel. Op haar beurt is Alta die eerste persoon in Afrika wat aan die hoof van die Internasionale Vereniging vir Hipertensie (ISH) staan.

 

Klaus is van die Skool vir Biologiese Wetenskappe en Alta van die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART). Sy beklee ook die Navorsingsleerstoel in die Vroeë Opsporing en Voorkoming van Kardiovaskulêre Siekte in Afrika.

 

Minder grond beteken minder kos

 

Prof Klaus KellnerEen van die ontstellende feite wat Klaus en sy medespanlede in die gesig staar, is dat meer as 1,5 biljoen mense wêreldwyd deur verwoestyning, gronddegradering en droogtes geraak word. Meer as 250 miljoen mense woon in droë lande. Van hierdie droë lande is tussen 10% en 20% reeds gedegradeer, terwyl nog 12 miljoen hektaar elke jaar degradeer.

 

Gelukkig is superheld Klaus ’n kenner op die gebied van die impak van verwoestyning, gronddegradering en droogte. Sy kundigheid sluit die herstel van gedegradeerde weiveld in hoofsaaklik droë en halfdroë stelsels in, asook terreine wat deur industriële gebruik beskadig is.

 

As ’n lid van die UNCCD sal hy deel wees van die span wat die voorbereiding, implementering en evaluering van die UNCCD se Nasionale Aksieprogram (NAP) sal koördineer.

 

Die vyand in jou boesem

 

Prof Alta SchutteAlta sê die totale sterftes in Suid-Afrika wat deur chroniese siektes veroorsaak word is nou meer as sterftes wat met MIV/Vigs verband hou.

 

Die meeste slagoffers van dodelike hartaanvalle en beroertes was onbewus daarvan dat hulle aan die grootste oorsaak daarvan, naamlik hipertensie, gely het. Mense laat na om hulself gereeld te laat toets omdat hulle nie siek voel wanneer hulle hoë bloeddruk het nie. Dit is die gevaar daarvan: jy weet dit bloot nie. En dit kan jou doodmaak.

 

Een van Alta se belangrikste take in haar tweejaartermyn as voorsitter van die ISH sal wees om ’n span te lei wat internasionale riglyne vir die behandeling van hipertensie sal definieer. “Daar is ’n dringende behoefte om die riglyne van die ontwikkelde lande te vereenvoudig. Ons moet ’n standaard stel wat wêreldwyd toegepas kan word – ook in ontwikkelende lande.”

 

Met ons twee superhelde wat gereed staan om op ’n wêreldwye skaal te dien, kan die mens dalk die universele bedreiging van hipertensie en verwoestyning hok slaan. Wie weet, ons kan dalk spoedig gesonder harte en vrugbare grond geniet.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Meet jou bloeddruk

 

 

Volgens die statistiek van die Suid-Afrikaanse Gesondheids- en Demografiese Opname van 2016 ly een uit elke twee Suid-Afrikaners aan hoë bloeddruk (hipertensie).

 

Hierdie bevindings toon dat een uit elke vyf Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 15 en 24 jaar reeds aan hoë bloeddruk ly.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U