nUUs

 

Ons vreugde en trots

 

Hier is ’n paar regsreuse wat die NWU gelewer het.

 

Alec Moemi Alec Moemi is die direkteur-generaal van die nasionale Departement van Sport en Ontspanning.Regter Bess Nkabinde-Mmono Regter Bess Nkabinde-Mmono is sedert 2006 ’n regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika.Regter Frans Kgomo Regter Frans Kgomo het in 2001 die regter-president van die Noord-Kaap geword.Dr Sejako Senatle, SC Dr Sejako Senatle, SC het in 2014 senior status in die Noordwes Prokureursorde van die president van Suid-Afrika ontvang.     <     >

 

  Op die skouers van reuse … Met hierdie vooraanstaande regslui as inspirasie is regstudente op die kampus in Mahikeng baie gelukkig om ’n stewige fondament te hê waarop hulle kan bou. 

 

Onreg op enige plek is oral ’n bedreiging vir die reg.

 

- Martin Luther King Jr.

 

 

Klik hier om meer te lees oor die regskenners wat eredoktorsgrade ontvang het, en hier om die ander alumni van die Fakulteit Regte te ontmoet wat hulle stempel op die regswêreld afgedruk het

 

Regte lei met sy regsreuse

Maatskaplike geregtigheid is nie net die regering se verantwoordelikheid nie – ons moet almal in ons eie sosiale omgewing aktiviste vir maatskaplike geregtigheid wees.

Dit was die woorde van die regsreus hoofregter Mogoeng Mogoeng toe hy op 20 November 2018 die nuwe gebou van die Fakulteit Regte op die kampus in Mahikeng amptelik geopen het.

 

Hoofregter Mogoeng is een van die talle bekende regskenners wat alumni van die NWU is. Trouens, die onlangse opening van die regsgebou bevestig die universiteit se lang rekord om toekomstige leiers en mense wat ’n verskil op hierdie gebied maak, op te lewer.

 

Lewer ’n deurlopende stroom kundiges

 

Die kampus in Mahikeng het al talle regters opgelewer wat help om geregtigheid in Suid-Afrika te vorm en te handhaaf.“Hierdie alumni het hulle stempel afgedruk, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook internasionaal,” sê dr Neo Morei, adjunkdekaan vir kwaliteitsversekering en belanghebberverhoudinge in die fakulteit.

 

Die fakulteit het deur die jare eredoktorsgrade in die regte toegeken aan individue wat buitengewone bydraes tot die land en die regsomgewing gemaak het.

 

Hierdie staatmakers sluit wyle regter Victor Gustav Hiemstra, regter Yvonne Mokgoro, wyle voormalige hoofregter Pius Nkonzo Langa, en die huidige hoofregter Mogoeng Mogoeng in.

 

Te oordeel aan die gehalte van sy alumni, wat verskeie regters van die Konstitusionele Hof insluit, speel die Fakulteit Regte ’n belangrike rol in die ontwikkeling van die regte in Suid-Afrika.


Hoofregter Mogoeng Mogoeng lewer die hoofrede by die opening van die nuwe gebou van die Fakulteit Regte op die kampus in Mahikeng. Die gebou spog met toerusting soos videokonferensies en ’n moderne skynhof.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Exceptional contributions

 

These experts received honorary doctorates from the NWU.

 

Alec Moemi Alec Moemi is director-general of the national Department of Sport and Recreation.Voormalige hoofregter van Bophuthatswana, wyle Victor Gustav Hiemstra Die voormalige Universiteit van Bophuthatswana het in 1984 ʼn eredoktorsgraad aan hoofregter Victor Gustav Hiemstra toegeken. Hy was die eerste hoofregter van die voormalige Bophuthatswana.Regter Yvonne Mokgoro Regter Yvonne Mokgoro het in 1996 ’n eredoktorsgraad in die regte aan die voormalige Universiteit van Noordwes verwerf. Sy is in Oktober 1994 by die Konstitusionele Hof aangestel en het haar volle 15-jaar-termyn gedien.Voormalige hoofregter, wyle Pius Nkonzo Langa Die NWU het in 2011 ’n eredoktorsgraad in die regte toegeken aan wyle voormalige hoofregter Pius Langa, wat lank ’n lid van die Konstitusionele Hof was. Hoofregter Mogoeng Mogoeng Hoofregter Mogoeng Mogoeng het in Oktober 2013 ’n eredoktorsgraad van die NWU ontvang. Hy is in Oktober 2009 in die Konstitusionele Hof en in September 2011 as hoofregter aangestel.     <     >

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U