NUUs

 

 

<>

Mickey Maliti-Ntshwe is die eienaar van ’n haarsalon vir kinders (bo) en ’n fabriek vir die vervaardiging van luukse meubels (onder).

 

<>

Mislukking kan voordelig wees

Wat het die filmgrootbaas Walt Disney, uitvinder Thomas Edison en rekenaargenie Steve Jobs in gemeen? Hulle het almal misluk voordat hulle sukses bereik het.

Teenwoordig by die skemerkelkiegeleentheid is van links Tshepiso Sebeela, alumniverhoudingepraktisyn op die kampus in Mahikeng, Mickey Maliti-Ntshwe, gasspreker, dr Musa Saurombe, ’n postdoktorale genoot van die NWU, Izette Schouwstra, afdelingshoof vir NWU-alumniverhoudinge, en Tseleng Mofokeng, Steve Biko se huiskomiteevoorsitter.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Van mislukking tot sukses

 

As jy struikelblokke moet oorkom op jou pad na entrepreneursukses, is jy nie alleen nie. Hierdie bekende entrepreneurs en uitvinders het ook mislukking ervaar:

 

  • Filmgrootbaas Walt Disney is na bewering deur ’n koerantredakteur afgedank omdat sy idees en verbeelding nie goed genoeg was nie.
  • Uitvinder Thomas Edison het meer as 10 000 keer probeer voordat hy die gloeilamp uitgevind het.
  • Steve Jobs is afgedank deur Apple, die einste maatskappy wie se sukses vandag aan hom te danke is.

Bron: SmallBusinessSense

Dit is wat ons van hulle kan leer: as jy neergeslaan het, staan op en probeer weer. Dit was ook die boodskap van alumna en gasspreker Mickey Maliti-Ntshwe tydens die skemerkelkiegeleentheid wat op 11 September 2018 by die Steve Biko-koshuis op die kampus in Mahikeng gehou is.

 

Mickey sê ’n groot tekortkoming by talle entrepreneurs is dat hulle nie weer probeer nadat ’n sakeonderneming misluk het nie. Sy sal weet, aangesien sy ’n entrepreneur is wat ’n paar terugslae te bowe moes kom.

 

Hierdie Mahikeng-gebaseerde Zambies-gebore entrepreneur is die eienaar van ’n haarsalon vir kinders, Starz N’ Angels, en die meubelvervaardiger Hands of RU.

 

Mickey het ook die NWU-studente aangemoedig om hul denke só te rig dat hulle werkgewers sal word in plaas daarvan om permanente poste te soek nadat hulle graadgekry het.

 

Met verwysing na haar eie mislukkings het sy ’n beroep op die gegradueerdes gedoen om hul passie na te volg. “Geen idee is te dom of te klein nie. Trouens, as jou idee nié gek is nie, soek ’n ander een, aangesien dit waarskynlik ’n herhaling van iemand anders sʼn is. Die vraag is: hoe onderskei jy jouself van die res?”

 

Dit wil voorkom of ’n goeie manier om sukses as ’n entrepreneur te behaal is wanneer jy die moed het om anders as die bondel te wees en jou terugslae in suksesse te omskep. Wie weet, dalk is die volgende Walt Disney, Thomas Edison of Steve Jobs reeds onder ons alumni.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

previous

<

NWU & U