REDAKSIONEEL

Dis 6 Junie 1977 en ʼn besondere dag vir die jong Leon Joubert. Dis immers nie aldag dat ʼn mens jou vyf en twintigste verjaarsdag op Antartika vier nie...

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Korporatiewe Kommunikasie, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

Vertroue breek die ys

Beste mede-alumni,

 

Dit was my voorreg om 41 jaar gelede vir prof Pieter Stoker navorsing in Antarktika te doen oor kosmiese strale. Ek het prof Marius Potgieter afgelos wat die jaar voor my in Antarktika was.

 

Ons het verlede jaar ons 40-jaar-reünie in Gansbaai gehou. Van die 16 spanlede is drie reeds oorlede. Van die oorblywende 13 het 11 van ons die reünie saam met ons gades bygewoon. Drie het vanaf Kanada, die VSA en België gereis om daar te wees en die twee wat nie kon kom nie, woon tans in Nieu-Seeland en die VSA.

 

Ek het die voorreg gehad om heelwat ander ervarings op te doen, maar niks kom naby hierdie Antarktika-ekspedisie nie! Met behulp van die NWU se alumnikantoor kon ek kontak maak met prof Stoker. Ek deel graag met julle die inhoud van my e-pos aan hom:

 

Daar was altyd iets wat ek graag vir u wou sê indien ons paaie weer sou kruis:

 

Ek het destyds slegs Fisika 1 gehad toe u my gekies het om Antarktika toe te gaan. 'n Ruk voor my vertrek (tydens my opleiding by die Fisika Departement) het ek gevra hoe u dit kan waag om iemand soos ek (met slegs Fisika 1) na SANAE te stuur vir hierdie belangrike navorsing. U antwoord was: "Want vertroue wek vertroue. En ek het vertroue in jou".

 

Ek kan nie vir u sê hoe baie dit vir my beteken het nie. Dit het my deur my hele lewe gedra!

 

Met daardie woorde van u het u my geseën.

 

 

Vriendelike groete,

 

Leon Joubert

Gansbaai

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U