NUUs

Personeel is gereed om die lewe vir die leerders van die Moletsabangwe Primêre Skool in Mahikeng ’n bietjie makliker te maak deur op Mandeladag sanitêre produkte en skoolskoene te skenk.

 

Hulle is van links Christopher Motabogi (Korporatiewe Kommunikasie), Tshepisho Sebeela (Belanghebberverhoudinge), Jim Molautsi (direkteur vir studentelewe) en Aobakwe Ditshetelo (NWU-alumnus).

Met oop harte en beursies lewer personeel van Belanghebberverhoudinge skoene en sanitêre produkte by die Boitirelo Primêre Skool in Ikageng af. Saam met ’n paar van die skool se onderwysers is voor van links René Vermeulen, Mpho Malefane en Christi Cloete. Agter is Abigail Leshope (middel) en Thandi Ralekgetho (heel regs).

Alumnikantore versprei welwillendheid op Mandeladag

Bonolo staan in die deur en waai totsiens vir haar jonger broer, wat vandag die winterkoue kaalvoet aandurf omdat hy sy skoolskoene ontgroei het. Bonolo sug. Sy gaan nie vanoggend skool toe nie omdat sy nie kan bekostig om sanitêre produkte te koop nie.

Leerders van die Tsoaranang Primêre Skool in Sharpeville dra met trots hul nuwe skoolskoene.

Vir talle van ons lyk hierdie scenario ondenkbaar, maar vir duisende Suid-Afrikaanse leerders is dit ongelukkig die realiteit.

 

Ter viering van Nelson Mandela se verjaardag op 18 Julie hierdie jaar, het die NWU se drie alumnikantore Madiba se erfenis geëer deur R5 000 se skoene en sanitêre produkte vir skole met behoeftige leerders aan te koop.

 

Die goedere is gelykop tussen die drie kampusse verdeel, en elke kampus het ’n skool geïdentifiseer wat dit die nodigste het.

 

Die kampus in Vanderbijlpark het die Tsoaranang Primêre Skool in Sharpeville geïdentifiseer, en in Mahikeng het hulle die Moletsabangwe Primêre Skool in Moletsabangwe gekies. In Potchefstroom was die begunstigde die Boitirelo Primêre Skool in Ikageng.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

VORIGE

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U