nUUs

 

Ons maskot, Eagi, verteenwoordig die handelsmerk-eienskappe van ʼn verenigde NWU.

 

 Die arend het in talle kulture ’n positiewe betekenis. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek by die NWU se strategie en doelwitte pas. Dit sluit in sukses, ambisie, dapperheid, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid.

 

Eagi simboliseer ons toewyding om die lewe met kreatiwiteit aan te pak en uit te styg bo die res.

 

Hy verteenwoordig ook ons strewe om geleenthede te vind om uit te blink en voortdurend te verbeter.

Eagi vertel wat gebeur

Eagi, ons NWU-maskot, help julle om tred te hou met alles wat by die NWU gebeur. So, laat ons sonder meer na die nuuskamer toe gaan waar Eagi vir julle ’n oorsig van die NWU sal gee.

Ons vertrou dat julle die volgende stories interessant sal vind:


Times Higher Education plaas NWU 5de op die ranglys in Suid-Afrika

Die NWU het vir die eerste keer deelgeneem aan die Times Higher Education (THE) se gradering van universiteite regoor die wêreld, en het die vyfde plek in Suid-Afrika behaal. Ons is wêreldwyd tussen 501 en 600 geplaas uit die 1 396 universiteite wat vir die 2020-gradering geëvalueer is.

 

Die prestasieaanwysers word in vyf gebiede gegroepeer: Onderrig (die leeromgewing); navorsing (volume, inkomste en reputasie); aanhalings (navorsingsinvloed); internasionale profiel (personeel, studente en navorsing); en bedryfsinkomste (kennisoordrag). Die NWU het die beste gevaar op die gebied van aanhalings, waar ons in die 375ste plek was.

 


NWU ondersteun Swart Maandag

Op Maandag 9 September het die NWU-gemeenskap saamgestaan om nee te sê vir gendergebaseerde geweld.

 

Van Mahikeng tot Potchefstroom en Vanderbijlpark het personeel en studente Swart Maandag saam met hul landsgenote ondersteun deur verskeie aktiwiteite aan te bied.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL


Plaaslik ontwikkelde speletjie gaan wiskundekrisis die hoof bied

Swak wiskundeprestasie op laerskoolvlak is ’n wêreldwye probleem en word dikwels gesien as die struikelblok in die verkryging van kwalifikasies op die gebied van wetenskap, medisyne, tegnologie en ingenieurswese.

 

’n Opvoedkundige sielkundige en akademikus by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe het nou ’n mobiele toepassing en bordspeletjie ontwikkel wat volgens bewyse kinders se liefde vir wiskunde bevorder.

 


Multimiljoenrand-opgradering vir kampus in Vanderbijlpark

Nog 250 beddens en 1 150 bykomende sitplekke in lesingsale is maar net ’n paar van die voordele van die belegging van R200 miljoen in projekte vir infrastruktuurontwikkeling op die kampus in Vanderbijlpark.

 

’n Aantal nuwe geboue word opgerig, byvoorbeeld ’n nuwe administrasiehub, ’n opkampuskoshuis, ’n akademiese gebou vir Psigososiale Gesondheidsdienste, asook verskeie nuwe lesingsgeriewe.

 


NWU-student is ’n semifinalis in Entrepreneurskap Intervarsity-kompetisie

Boitshepo Gopane, ’n meestergraadstudent in mikrobiologie op die kampus in Mahikeng, is een van die sentrale streek se wenners van die Entrepreneurskap Intervarsity-kompetisie.

 

Hierdie kompetisie is die geesteskind van Entrepreneurskapontwikkeling in Hoër Onderwys en moedig entrepreneurskap by die 26 openbare universiteite in Suid-Afrika aan.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U