REDAKSIONEEL
INHOUD
Redakteur
Nelia Engelbrecht
Redaksie
Belinda Bantham
Willie du Plessis
Bertie Jacobs
Maryke Laas
Phenyo Mokgothu
Christopher Motabogi
Tumelo Muteme
Marelize Santana
Kiewiet Scheppel
Annette Willemse
Ontwerp en uitleg
Karen Viljoen
Fotografie
Redaksie en diensverskaffers
Redaksie
Nelia Engelbrecht
Tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za
Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.
Alumniverhoudinge-praktisyns
Tshepisho Sebeela (Mahikeng) tshepisho.sebeela@nwu.ac.za
Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za
Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za
Die NWU bestaan danksy hulle, en al ons aktiwiteite sentreer om hulle. Hulle is ons kliënte met wie ons ’n lewenslange vennootskap sluit. Hulle is ons studente … en ons toekomstige alumni.
Die artikels in hierdie uitgawe van die NWU & U vertel baie oor studentwees in die algemeen, en NWU-studentwees in die besonder.
Die artikel oor Jacob Seboko, wat op die ouderdom van 79 as eerstejaarstudent ingeskryf het, wys vir ons dat jy nooit te oud is om te leer nie.
Die artikel “Akademici verdien dié eksterne erkenning” vertel die storie van toewyding en akademiese uitnemendheid. Hierdie bekroonde akademici, prof Elvis Fosso-Kankeu, prof Susan Visser, dr Aurelia Williams en dr Musawenkosi Saurombe, het hoëvlak- openbare erkenning vir hul harde werk ontvang. Dit maak hulle uitstaande rolmodelle vir die studente met wie hulle hul kundigheid deel.
By die NWU is dit egter nie net die intellek wat by die deel van kennis en hulpbronne betrokke is nie. Harte wat vol passie vir mense en gemeenskappe klop, speel ook ’n rol.
Dit blyk duidelik wanneer ’n mens die artikel lees oor hoe die personeellede van die alumnikantore op ons kampusse hul harte oopgemaak het en uitgereik het om die lewe vir skoolleerders makliker te maak.
Deur die meer as 250 gemeenskapsbetrokkenheidsaktiwiteite van die NWU gee ons aan ons studente geleenthede vir werkgeïntegreerde en diensleer, en wys ons hulle ook hoe om verantwoordelike burgers te word wat maatskaplike geregtigheid nastreef.
Ons vertrou dat wanneer ons studente die NWU verlaat, hulle die kennis wat hulle in ons klaskamers verwerf het, sal terugploeg om ’n beter Suid-Afrika en ’n beter wêreld vir almal te bou – net soos julle, ons alumni, elke dag steeds doen.
Lekker lees!
Nelia en die
NWU & U-span
DIE NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
MEER INLIGTING
KLIK
DEEL
X
Voorblad
#MyNWU … Ons bly daartoe verbind om aan te hou bou aan ons unitêre instansie, om ’n unieke NWU-manier tot stand te bring wat spreek van omgee, gelykheid en regverdigheid vir almal.
NWU & U