REDAKSIONEEL

Prof Dan Kgwadi

Boodskap van die

visekanselier

Warm groete aan al ons alumni.

 

Ek hoop dat julle hierdie lente-uitgawe van die NWU & U met sy talle stories oor die suksesse van ons personeel en studente en van ons betrokkenheid by ons belanghebbers sal geniet.

 

Julle sal onthou dat ek vroeër genoem het dat ons hierdie jaar daarop gaan fokus om vas te stel of ons organisasiekultuur ons strategie ondersteun. Ons het terugvoer ontvang oor ons huidige kultuur nadat ons tydens ’n reeks kultuurgesprekke met personeel en studente regoor die universiteit gesels het.

 

Wat daaruit geblyk het, is dat die kultuur een van prestasie en ondersteuning is, hoewel met verskillende ervarings op die kampusse.

 

Hoewel die meeste van die akademiese personeellede en studente saamstem dat ons die waardes van akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing uitleef, is daar verskille tussen akademiese personeel en ondersteuningspersoneel ten opsigte van die waardes van die NWU en hoe dit uitgeleef word. Ons sal dit deur hierdie kultuurprojek moet belyn en integreer.

 

Kwessies van diversiteit en inklusiwiteit is steeds ’n uitdaging, en personeel en studente ervaar nie altyd die sorgsaamheidsetiek waarna ons streef nie.

 

Ons sal in die volgende fase die gewenste en verkose NWU-kultuur vir personeel sowel as studente, bekend as die NWU-manier, op ’n hoë vlak beskryf. Dit sal gesamentlik geskep moet word en ons strategie ondersteun sodat ons ons transformasiereis kan voortsit om die NWU as unitêre instelling van superieure akademiese uitnemendheid met ’n verbintenis tot maatskaplike geregtigheid en ’n sorgsaamheidsetiek te posisioneer.

 

Klik hier om oor ons organisasiekultuurinisiatief te lees.

 

 

 

Vriendelike groete,

 

 

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U