NUUs

Hloni Putsoane van die Loopbaansentrum, Thembi Chabalala en Ndumi Msebe, albei van die ETDP SETA, en alumniverhoudingepraktisyn Zanele Ngobese woon die loopbaanbemagtigingsgeleentheid by.

Alumni ontvang “sleutels” om loopbaangeleenthede te ontsluit

Ons weet almal dat ’n professionele, goed geskryfde CV, ’n oortuigende werksonderhoud en gereelde netwerking met potensiële werkgewers die sleutels is wat loopbaangeleenthede ontsluit.

Die Alumnikantoor, saam met die Loopbaansentrum, het op 7 Augustus 2019 by ’n loopbaanbemagtigingsdag op die kampus in Vanderbijlpark hierdie “sleutels” aan gegradueerdes oorhandig.

 

Tydens hierdie geleentheid het werksoekers ’n werkswinkel bygewoon waar hulle hul indiensnemingsmoontlikhede ’n hupstoot gegee het deur hul vaardighede in die skryf van CV’s en onderhoudvoering te oefen.

 

Daarbenewens het ’n loopbaan-ekspo vir hulle die geleentheid gegee om netwerke met ’n verskeidenheid sake- en bedryfsverteenwoordigers te vorm.

Alumniverhoudingepraktisyn Zanele Ngobese sê die universiteit bly verbind tot die maatskaplike, akademiese en professionele welstand van sy alumni, wat as een van sy belangrikste groepe handelsmerk-ambassadeurs beskou word.

 

Sy beklemtoon ook die waarde van die praktiese ondersteuning wat studente en gegradueerdes van die Loopbaansentrum ontvang wanneer hulle hulself vir die arbeidsmark voorberei.

 

“Die sentrum bied aan die universiteitsgemeenskap al die hulpbronne wat hulle nodig het om ’n geslaagde oorgang vanaf hul akademiese na hul professionele lewens te maak,” sê Zanele.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

VORIGE

<

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

VOLGENDE

>

NWU & U