NUUs

Prof Martinette Kruger (regs) en PhD-student Anneke Schoeman het uitgeblink by die Suid-Afrikaanse Vroue in Wetenskap-toekennings (SAWiSA) wat op 15 Augustus plaasgevind het. Met hierdie toekennings erken die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT) die uitnemendheid onder vrouewetenskaplikes en -navorsers.

Prof Juaneé Cilliers, voorsitter van die vakgroep die Stads- en Streeksbeplanning, het onlangs haarself as ’n uitsonderlike navorser bewys toe sy as finalis in twee belangrike kompetisies aangewys is.

NWU-vroue skitter by wetenskaptoekennings

Prof Martinette Kruger, ’n voltydse navorser en professor by Toerismenavorsing in Ekonomiese Omgewings en Samelewing (TREES) het die SAWiSA- toekenning vir Uitnemende Jong Vrouenavorser vir geesteswetenskappe en sosiale wetenskappe ontvang.

Sy doen onder meer navorsing oor hoe feeste en sportgebeurtenisse in ’n ontwikkelende, multikulturele land toerisme kan fasiliteer. Sy is betrokke by langtermyn-navorsingsprojekte wat verskeie feeste en geleenthede insluit.

 

Sy neem ook deel aan internasionale projekte waarby onder meer die Europese Unie en die Thompson Rivers Universiteit in Kanada betrokke is.

Martinette het ’n PhD in toerismebestuur en is van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

 

’n Blink toekoms wag

 

Anneke Schoeman,’n jong navorser in omgewingswetenskappe, het bewys dat daar ’n blink toekoms op haar wag toe sy tydens die SAWiSA-toekeningseremonie ’n DWT-Albertina Sisulu-genootskap ontvang het.

 

Hierdie gesogte genootskap word aan ses meesters- en ses doktorale student toegeken. Die genootskap gee erkenning aan uitstaande vermoëns en potensiaal in navorsing, en is daarop gemik om die ontvangers se navorsingservaring en uitsette te verbeter en nog meer jong vroue aan te moedig om navorsingsgrade te voltooi.

 

Finalis in twee kompetisies

 

Wat die SAWiSA-toekennings betref, was prof Juaneé Cilliers ’n finalis vir die Uitsonderlike Jong Vrouenavorser-toekenning in die kategorie vir natuurwetenskappe (lewens- en fisiese wetenskappe).

 

Sy was ook ’n finalis in die ‘Wetenskap Oscars’, oftewel die NSTF-South32-toekennings, waar sy in twee kategorieë genomineer is.

 

Die eerste nominasie was vir die Kommunikasie-toekenning vir die bevordering van wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en innovasie gedurende die afgelope vyf jaar. Die ander nominasie was in die kategorie vir groen ekonomie en innovasie.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

VORIGE

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U