NUUs

Getooi in rooi … alumna Jeané Potgieter glimlag vir die kamera.

 

Prentjiemooi … Elsa en Johan Schutte het die alumnigeleentheid op 7 Augustus bygewoon.

 

 

Geraam vir die alumni-Facebook-bladsy is alumni Karien en André Wiehahn.

 

Trotseer die koue ter wille van warm geselskap

Buite stort die reën neer terwyl ’n koue wind waai, maar in The Class Room in Hermanus is die atmosfeer knus en die geselskap gesellig.

Geniet mekaar se geselskap ...van links is Ian Rossouw, Binty Britz en prof Rudolph Britz.

Op 7 Augustus het 22 alumni van Hermanus en die omliggende gebiede hulself met sambrele en jasse bewapen en die weer dapper trotseer. Hulle vasberadenheid was die moeite werd, en met die hulp van die The Class Room se wonderlike personeel en watertandlekker kos, was gesprekke gou aan die gang.

 

Toe almal warm en droog was, het prof Daryl Balia, die adjunk-visekanselier vir kampusbedrywighede in Potchefstroom, die alumni vertel van al die belangrike projekte wat by die NWU onderneem word, die universiteit se uitdagings en die pad vorentoe.

 

Daarna het Warren Makgowe, direkteur vir belanghebberverhoudinge, die gaste en NWU-personeel bedank vir hul bydrae om die geleentheid so ’n groot sukses te maak. Die res van die aand is daar oor die ou dae gesels, en oor die dinge wat die alumni tydens hul studentejare op die NWU die meeste geniet het.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Anel en Paul Kruger is twee van die gaste wat die weer trotseer het om die alumnifunksie in Hermanus by te woon.

VORIGE

<

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U