NUUs

Nicolize van der Walt, pas aangestelde afdelingshoof van die Alumnikantoor, beskou alumni as nie net deel van die wortels en geskiedenis van die universiteit nie, maar ook as deel van die toekoms.

 

“Ek sien daarna uit om uiteenlopende mense wat almal ’n gemeenskaplike liefde vir die NWU het, te ontmoet en met hulle saam te werk. Die universiteit het dit alles – talent en liefde – en dit is ’n eer om my loopbaan hier voort te sit.”

Nuwe kantoorhoof wil nog meer geur by ’n goeie formule voeg

Kikker ’n wenresep op. Dit is wat Nicolize van der Walt, pas aangestelde afdelingshoof van die Alumnikantoor, in gedagte het.

Met meer as 20 jaar ervaring in die kommunikasie-, publikasie- en mediaveld, bring Nicolize ’n magdom ervaring saam met haar.

 

Sy sê sy is hier om te bou op wat duidelik reeds ’n suksesvolle formule vir alumniverhoudinge is, en wil subtiele geure byvoeg eerder as om ’n splinternuwe resep te probeer. Sy sal veral daarna streef om die handelsmerk en waardes van die NWU te ondersteun, en bydra tot die inklusiewe gevoel van behoort vir elkeen wat ’n alumnus is.

 

Dit het alles hier begin

 

Dit het letterlik alles vir Nicolize by die NWU begin. Sy het ’n BA-graad in openbare bestuur en ’n nagraadse diploma in ondernemingsbestuur (albei cum laude) aan die universiteit verwerf.

 

Sy het as senior joernalis by Media24 gewerk, as nuusredakteur by die Klerksdorp Record, en as redakteur van die Senwes-tydskrif Scenario. Voor haar aanstelling by die NWU was sy die provinsiale kommunikasiebestuurder vir ’n politieke party.

 

Gebore en getoë in die provinsie, beskryf Nicolize haarself as ’n ware Noordwes-meisie – ’n “plain Jane” wat lief is vir haar familie en diere, rooiwyn geniet, verslaaf is aan Coke Zero, en nie nee kan sê vir ’n goeie fliek of boek nie. Sy is getroud met Mark, en hulle het drie kinders, Ilzeanne, Esmari en JP, wat ook ’n NWU-alumnus is.

 

Sy sê geloof het haar gebring tot waar sy in haar lewe is, en sy glo Sy genade is genoeg.

 

Ons wens Nicolize geluk met haar aanstelling en sien uit na die geur wat sy by die reeds suksesvolle Alumnikantoor gaan voeg.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U