NUUs

Baie min mense het die energie en moed om op die ouderdom van 79 jaar hul loopbaanpaaie te verander. NWU-student Jacob Seboko is een van daardie min mense. Hier gesels hy lekker met prof Dan Kgwadi, die visekanselier.

Prof Linda du Plessis, die adjunk-visekanselier vir beplanning en vir kampusbedrywighede in Vanderbijlpark, luister aandagtig terwyl Jacob sy toekomsplanne uiteensit.

Vir eerstejaarstudent Jacob is die ouderdom 79 net ʼn syfer

Hulle sê ʼn mens is net so oud soos wat jy voel. Geen wonder dus dat geesdriftige Jacob Seboko sy byna agt dekades bloot as ’n teken van volwassenheid eerder as van ouderdom beskou nie.

Jacob is ʼn uitstekende voorbeeld van lewenslange leer en inspirasie vir sy medestudente.

Hy was aan die begin van die jaar deel van die 9 954 studente wat as NWU-eerstejaarstudente die lesingsale betree het. Jacob – wat liefderyk “Madala Jacob” deur sy medestudente genoem word – dra op 79-jarige ouderdom met trots sy pers eerstejaars-T-hemp.

 

“Jy is nooit te oud om iets nuuts te leer nie. En nie net die gewone dinge nie, maar iets wat ʼn verskil maak aan hoe jy die wêreld verstaan.”

 

Met hierdie gedagte sê Jacob, wat vir verskeie vakke op die kampus in Vanderbijlpark geregistreer het, hy hoop om in 2020 tot die Nagraadse Onderwyssertifikaat-program toegelaat te word. Sy uiteindelike doel is om ’n professionele onderwyser te word.

 

“Ek het ’n kop vir syfers en ’n aanleg vir rekeningkunde en ekonomie, en in albei vakke is daar ’n groot tekort aan onderwysers.”

 

Ná 23 jaar terug op universiteit

 

Dit is nie sy eerste ervaring in hoër onderwys of van die universiteit nie. Hy het in 1996 ’n BA-graad in publieke administrasie by die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys se kampus in Vanderbijlpark verwerf. Daarna het ’n diploma in Basiese Onderwys en Opleiding vir Volwassenes (ABET) van Unisa ontvang.

 

Ná die dood van sy vrou in 2009 het Jacob – wat as ABET-onderwyser gepraktiseer het – toenemend die behoefte gevoel om die eensame ure te vul deur breinfiks te bly.“Ek het hope tyd en deur die genade van God is my gesondheid steeds goed,” verduidelik hy. Opvoeding is ’n manier om besig te bly en terselfdertyd verwesenlik hy ’n lewenslange droom.

 

Opleiding verander ’n mens

 

En wat dink sy mede-eerstejaarstudente van sy terugkeer na die boeke? “Ek hoop ek motiveer hulle om hul opleiding ernstig op te neem. Daar is diegene wat sê dat my tyd verby is, maar ek glo daaraan om deur te druk.

 

“Hulle sal nog sien: opvoeding verander jou menswees. Dit maak jou nederig, maar hef jou ook op. Opvoeding is ’n seën.”

 

Jacob, wat van Heilbron “in die ou Transvaal” kom, het sy skoolloopbaan in 1966 voltooi.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Jacob geniet die geselskap van lede van die Studentelewe-direktoraat, Thami Mangezi en Setshego Mholo.

Kom meer te wete oor Jacob in hierdie video waarin eNuus ʼn onderhoud met hom voer.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U