ONTDEK DIe NWU

Dit is ons:

 

Leer deur te doen. Dit is waarskynlik die beste manier om die Tsitsikamma Lewende Laboratorium-inisiatief te beskryf.

 

Tydens hierdie sesdaguitstappie bring studente teorie en praktyk bymekaar, leer van internasionale mariene kundiges en werk saam met ander uit verskillende agtergronde en kulture.

 

Hierdie jaar het studente van die Skool vir Biologiese Wetenskappe, saam met studente en kundiges van die Universiteit van Johannesburg, die Universiteit van Hongkong en die Arkansas Staatsuniversiteit, weer die Tsitsikamma Nasionale Park besoek.

 

Hierdie ervaring is deel van die BScHons-program in omgewingswetenskappe, en veral die kursus in riviermonding- en nabykus- mariene ekologie.

 

Leer in ’n lewende laboratorium   

Kyk na die video hierbo om te sien hoe studente onder leiding van die akademici van die vier deelnemende universiteite by verskillende aspekte van tussengety- mariene en riviermondingekologie betrokke geraak het.

Benewens die video hierbo, kan jy ook meer oor hierdie praktiese leerervaring uitvind deur op die syfers hieronder te klik.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

NWU & U  |

NWU & U  |

  

NWU & U