X

Nuus

Zanele Ngobese, pasaangestelde alumniköordineerder op die NWU se kampus in Vanderbijlpark, beplan onder meer ’n bewusmakingsveldtog vir finalejaarstudente, fakulteitsreünies en verskillende inisiatiewe wat alumni die geleentheid sal gee om direk met studente kontak te maak. Zanele het op 2 Mei 2017 die leisels by Alwine Naude oorgeneem.

Zanele sluit by die span vir
vir alumniverhoudinge aan

Zanele Ngobese mag wel die nuwe speler in die span wees, maar sy ken haar storie as dit by belanghebberverhoudinge kom.

As die pasaangestelde alumnikoördineerder op die NWU se kampus in Vanderbijlpark is Zanele opgewonde daaroor om ’n bydrae tot die groei van die kampus se dinamiese alumnigemeenskap te lewer.

 

As voormalige bemarkings- en kommunikasie-koördineerder vir BSK Marketing, ’n onder-die-lyn strategiese agentskap wat op stokvels regoor Suid-Afrika fokus, het Zanele ’n unieke begrip en kennis van diverse belanghebbergroepe.

 

Voordat sy by BSK Marketing aangesluit het, het Zanele by Hayley Upson Communications, die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) gewerk. Laasgenoemde pos het haar aan belanghebberbestuur bekendgestel, aangesien sy deel was van die alumni- en werwingspanne.

 

’n Verandering van omgewing

 

Maar waarom Vanderbijlpark? “Ek is van nature ’n nuuskierige persoon en ek gryp elke geleentheid aan om te leer en my persoonlike ervarings te verryk. Ek het die geleentheid gehad om regoor Suid-Afrika te werk en het nou besluit dat ’n verandering van omgewing en perspektief nodig is, en hier is ek!”

 

Zanele se belangrikste prioriteit is om betekenisvolle langtermynverhoudinge tussen die universiteit en die alumnigemeenskap te bou.

“Ek kan nie wag om ons databasis verder te ontwikkel en met ons alumni te skakel nie. Gelukkig kan ek voortbou op die sukses van my voorganger, Alwine Naude, wat uitmuntende werk gedoen het om die getalle van ons alumnilede te laat groei,” sê Zanele.

 

Sy glo ’n gesonde alumnigemeenskap is een van die belangrikste bates van ’n instelling – veral wat tersiêre onderwys in Suid-Afrika betref.

 

Gee verder deur wat jy ontvang het

 

“Die universiteit maak aansienlike beleggings om te verseker dat sy gegradueerdes van wêreldgehalte is, en as sodanig is alumnilede in ’n posisie om dit wat hulle ontvang het, weer verder deur te gee en so die pad oop te maak vir die komende geslagte deurdat hulle hul kennis en vaardighede deel.”

 

Sy sê dit wat alumni kan bydra is nie tot geld beperk nie, maar sluit ook tyd, internskappe, die lewering van gaslesings en mentorskap in.

“Studente bly die hartklop van ons instelling, en alumni – wat self studente was – kan help om die NWU aan die voorpunt van veranderinge en behoeftes binne die arbeidsmark te hou. Nadat studente graad gekry het, is ’n volle sirkel voltooi, en daarna behoort dié studente weer self hul deel te doen om voorspoed en maatskaplike geregtigheid te bevorder. Dit is binne hierdie siklus dat ek voel ek ’n bydrae kan maak,” verduidelik Zanele.

 

Toe sy oor haar eerste indrukke uitgevra is, het Zanele erken dat sy hoendervleis gekry het toe sy vir die eerste keer op die kampus in Vanderbijlpark gekom het. “Toe ek die rivier en die diere sien en die harmonie ervaar waarin hulle met die kampusgemeenskap saamleef, het ek geweet ek het die regte besluit geneem.”

 

Zanele kan by 016 910 3250 of zanele.ngobese@nwu.ac.za gekontak word.

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

 

Alwine geniet haar aftrede

 

Alwine Naude, voormalige alumnikoördineerder op die NWU se kampus in Vanderbijlpark, het afgetree nadat sy 10 jaar op hierdie kampus deurgebring het. Kliek hier om meer oor haar reis te lees.

 

NWU & U  |

NWU & U  |