X

Nuus

Voornemende studente wat die Opedag op die NWU se kampus in Potchefstroom bygewoon het, was dol oor hierdie groot, kleurvolle tekkies.

Tydens die Opedag op die NWU se kampus in Vanderbijlpark kon voornemende studente nie wag om foto’s saam met hierdie reusetekkies te neem nie.

Tekkies laat prettige voetspoor op Ope Dae

Opedag kan net so wel geleentheidsdag genoem word. Dit is waar skerp jong breine hulle toekoms ontmoet, en waar ’n venster op ’n nuwe en opwindende wêreld oopgaan.

Op 6 en 13 Mei het die NWU se kampusse in Potchefstroom en Vanderbijlpark onderskeidelik hulle jaarlikse Opedae vir voornemende voorgraadse studente gehou.

 

Besoekers by die voorgraadse Opedae sou waarskynlik gedink het dat Roald Dahl se beroemde Groot Sagmoedige Reus op die kampusse losgelaat is, aangesien reusetekkies op albei terreine te siene was.

 

Groot, vriendelike voetspore

 

“Hierdie jaar wou ons ’n unieke bemarkingsidee vir al ons brosjures op Opedae gehad het,” verduidelik Jimmy Pressley, digitalemediabestuurder by Studentewerwing en Bemarking. “Tekkies is universeel en feitlik elkeen besit ’n paar. Dit maak ook baie woordspeling in ons brosjures en advertensies moontlik.

 

“Ons wou ’n groot, helder beeld hê waarmee almal hul kon vereenselwig, daarom het ons reusagtige tekkies gemaak met ’n raam waar voornemende studente foto’s kon neem. Dit was ’n uitnodiging om te sê: ‘Trek aan jou tekkies en kom stap in die voetspore van ’n NWU-student’,” sê Jimmy.

 

Neem kreatiewe foto’s

 

Hierdie fotoraam is ook gebruik in ’n kompetisie waar die kreatiefste foto ’n NWU-geskenkpak sou wen. “Al die besoekers was mal daaroor en ons het wonderlike kreatiewe foto’s gekry.”

 

Jimmy sê hy vermoed die Opedag vir voornemende voorgraadse studente op die NWU se kampus in Mahikeng op 26 Julie sal ook ’n reusesukses wees.

 

“Ons kan nie wag om die tekkies na die kampus in Mahikeng te neem nie. As die ander twee kampusse ’n maatstaf is, gaan hulle voornemende studente dol wees daaroor.”

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |