X

Redaksioneel

Prof Dan Kgwadi

Boodskap van die

visekanselier

Beste alumnus,

 

Ons Varsity-beker-rugbyspan kon hierdie jaar ongelukkig nie verlede jaar se sege herhaal nie. Ons het ook ’n paar ander teleurstellings gehad, maar gelukkig het ’n paar werklike prestasies oor ’n wye spektrum balans gebring.

 

Wen of verloor, jy kan nie die Noordwes-Universiteit vir ’n oomblik ignoreer nie. Ons is nie net die tweede grootste universiteit in Suid-Afrika nie, ons streef ook altyd na gehalte en ding mee onder die topuniversiteite van Suid-Afrika – hetsy op die sportveld of in die akademiese arena.

 

Hierdie stelling word ondersteun deur die artikel in hierdie uitgawe oor ’n verslag wat die NWU as een van die topvyf innoverende universiteite in Suid-Afrika lys. Hierdie nuus was vir my ’n riem onder die hart, aangesien dit ’n eerbetuiging vir die vindingrykheid en kreatiwiteit van ons personeel en studente is.

 

Hierdie prestasie kom op ’n tyd wat ons baie energie inploeg om ons universiteit te herstruktureer om aan die huidige en toekomstige uitdagings te voldoen.

Teen hierdie uitdagende agtergrond het ons onlangs bemoedigende terugvoer van die Raad op Hoër Onderwys ontvang. Gedurende die verloop van ’n programhersiening het een van sy panele die NWU gelukgewens met die werklike verstommende vordering wat gemaak is met herstrukturering vergeleke met 2014 se basislyn-voorlegging.

 

Die verslag het so gelui: Daar is genoegsame bewyse dat dit enorme eerlikheid, verbintenis en harde werk geverg het, en die paneel wens die NWU geluk met die implementering van dit wat gekonseptualiseer is.

 

Hierdie welkome erkenning val saam met ’n kritieke tydperk waardeur ons gegaan het, naamlik die aanstelling van senior bestuurders wat die NWU as unitêre universiteit, wat op akademiese uitnemendheid en maatskaplike geregtigheid fokus, vorentoe gaan neem.

 

Dankie vir julle onwrikbare steun aan julle alma mater. Ek is seker die herstruktureerde NWU sal voortgaan om julle trots te maak.

 

 

Vriendelike groete,

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier



die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |