X

Redaksioneel

 

Redakteur

Nelia Engelbrecht

 

Redaksie

Willie du Plessis

Bertie Jacobs

Maryke Laas

Phenyo Mokgothu

Marelize Santana

Kiewiet Scheppel

Hanlie Smuts

Annette Willemse

 

Ontwerp en uitleg

Kurrikulumontwerp en Ontwikkeling

Grafiese Dienste

 

Fotografie

Redaksie en diensverskaffers

 

Vir verdere navrae/korrespondensie

Nelia Engelbrecht,

tel 018 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za

 

Die NWU & U word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans en Engels uitgegee.

 

 

 

Alumniköordineerders

 

Susan van Rooyen (Mahikeng)   susan.vanrooyen@nwu.ac.za

 

Abigail Leshope (Potchefstroom) abigail.leshope@nwu.ac.za

 

Zanele Ngobese (Vanderbijlpark) zanele.ngobese@nwu.ac.za

 

Verbeelding en kundigheid lei

tot asemrowende uitvindings

Beste alumni

 

In hierdie uitgawe van die NWU & U kan jy lees oor ons universiteit wat onder die topvyf innoverende universiteite in Suid-Afrika gelys is, en veral onder die topvyf-indieners van patente.

 

In ’n ander artikel kan jy meer lees oor 3D-drukwerk wat deur die Fakulteit Ingenieurswese op die kampus in Potchefstroom gedoen word – iets wat dekades gelede net in die wêreld van wetenskapsfiksie voorgekom het.

 

Dit het my laat wonder hoeveel moderne uitvindings deur wetenskapsfiksieskrywers geïnspireer is. ’n Soektog op die internet het getoon dat daar ’n hele paar is. Trouens, daar word beweer dat die 3D-drukker wat in 1983 deur Chuck Hull uitgevind is, een daarvan was – na bewering is dit deur die skrywers van die fliek Star Trek geïnspireer. (In die oorspronklike reeks het die Enterprise-ruimteskip ’n instrument genaamd die ‘repliseerder’ gehad wat maaltye en talle ander voorwerpe op aanvraag kon skep.)

 

Die wetenskapsfiksieskrywer Jules Verne het byvoorbeeld die uitvinding van die duikboot en helikopter geïnspireer. Igor Sikorsky, uitvinder van die moderne helikopter, is deur Jules Verne se boek Clipper of the Clouds geïnspireer, en Simon Lake, wie se maatskappy die eerste duikboot gebou het wat suksesvol in die oop see gebruik is, is geïnspireer deur Jules Verne se Twenty Thousand Leagues Under the Sea, wat in 1870 verskyn het.

 

Trouens, dit lyk asof die kombinasie van verbeelding en praktiese kundigheid kan lei tot uitvindings wat jou kop laat duisel.

 

Op ’n effens ander noot was die NWU se jaarlikse talentfees nog ’n duiselingwekkende kombinasie van verbeelding, kundigheid en talent. Kyk na die video’s in die artikel en geniet ’n paar van die wonderlike uitvoerings saam met ons.

 

Wie weet watter helder sterre sal volgende in die NWU se hemelruim verskyn? Die NWU is tog een van Suid-Afrika se topvyf innoverende universiteite! Enigiets is moontlik.

 

Lekker lees

 

Nelia en die

NWU & U-span

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |