X
Nuus
Inhoud
previous
<
Sien jou by die Konvokasie se driejaarlikse algemene vergadering op 26 Augustus 2017.
Onthou, jy is ’n gewaardeerde lid van die NWU-gemeenskap en ons maak staat op jou volgehoue ondersteuning en lojaliteit om hierdie instelling selfs nog beter te maak.
As jy ’n lid van die NWU-konvokasie is, is die beste plek waar jy op Saterdag 26 Augustus kan wees die Quest-konferensiesentrum in Vanderbijlpark waar die Konvokasie se driejaarlikse algemene vergadering gehou gaan word.
Jy kan daardie dag tussen 10:00 en 13:00 deel van ’n paar belangrike prosesse wees. Dit sluit in die verkiesing van ’n nuwe uitvoerende komitee vir die Konvokasie en ’n bespreking van en besluitneming oor sake wat die universiteit se gesagsfeer raak.
As jy nog nie ’n lid van die Konvokasie is nie, maar graag deel van die aksie wil wees, moet jy sonder versuim aansluit. As jy graag op 26 Augustus wil stem, moet jy asseblief onthou dat jy op die laatste teen 4 Augustus moet aansluit.
Lidmaatskap van die Konvokasie is oop vir elke gegradueerde en gediplomeerde van die NWU of sy voorgangers, en ook vir huidige permanente personeellede van die universiteit. Let egter asseblief daarop: lidmaatskap is slegs moontlik deur ’n formele aansoek en vind nie outomaties plaas nie.
As jy ’n lewenslange lid van die Konvokasie wil word, moet jy ’n aansoekvorm vir lidmaatskap invul en ’n eenmalige bedrag van R50 betaal soos dit op die aansoekvorm aangedui word. Jy kan meer op ons webwerf lees oor hoe om by die Konvokasie aan te sluit.
As jy jou lidmaatskap van die Konvokasie wil bevestig, kan jy ’n e-pos stuur aan izette.schouwstra@nwu.ac.za met “Bevestig konvokasie-status” in die onderwerpreël en jou geboortedatum, volle naam en van in die teks van jou e-pos.
die NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
KLIK
DEEL
<
>
Navigasie
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
mEER INLIGTING
Voorblad
Studente Andrea Muller, Jurene Kruger en Thando Nhlabathi is lede van die trio, Three. Hulle was tydens die NWU se onlangse talentfees die wenners in die kategorie vir kontemporêre sang vir duette of trios.