X

Nuus

Soos ons haar sal onthou: Alwine Naude, besig om alumni by ’n gradeplegtigheid te werf.  Alwine sê haar persoonlike leuse is om die lewe voluit te leef. “Ek voel bevoorreg om nou meer tyd by familie en vriende deur te bring – en natuurlik om met die geliefde alumni van die NWU in kontak te bly.”

 

XKlik hier om

terug te gaan.

 

Alwine
geniet haar aftrede

Daar word grappenderwys gesê dat elke dag Gelukkige Baasdag is as jy afgetree het. Ons hoop van harte dat dit is hoe Alwine Naude, voormalige alumnikoördineerder op die NWU se kampus in Vanderbijlpark, haar aftrede geniet.

Alwine het aan die einde van 2016 afgetree nadat sy 10 jaar op hierdie kampus deurgebring het. Haar reis by die NWU het op 1 Januarie 2006 as studenteraadgewer, en later as senior werwingsbeampte binne die destydse Departement van Bemarking en Kommunikasie begin.

 

Gedurende daardie vroeë jare het sy ook die taak gehad om ’n volwaardige alumnikantoor op die kampus te vestig – ’n taak wat duisende ure van netwerking en verhoudingsbou in beslag geneem het. Onder haar leiding het die alumnigemeenskap se databasis tot meer as 15 000 lede aangegroei en het die eerste alumni-advieskomitee tot stand gekom.

 

Alwine se alma mater

 

As ’n alumna van die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO), het Alwine in 1973 ’n BA-graad in sosiale wetenskappe (maatskaplike werk) verwerf, gevolg deur ’n sertifikaat in arbeidsverhoudinge in 1982. Tydens haar studentedae het Alwine in die koshuise Oosterhof en Kasteel gewoon, was sy ’n lid van die PU vir CHO-koor, en is sy as die heel eerste primaria van die Kasteel-koshuis verkies.

 

Die rol van alumnikoördineerder het Alwine soos ’n handskoen gepas, aangesien sy nie net goeie herinneringe aan haar studentedae op Potchefstroom gehad het nie, maar ook eerstehands besef het watter rol alumni speel nadat hulle gegradueer het.

 

Bring haar kant

 

Selfs voordat sy as ’n lid van die personeel by die NWU aangesluit het, terwyl sy nog ’n senior personeelbeampte by UCAR Suid-Afrika (Edms) Bpk was, het Alwine betrokke geraak by verskillende inisiatiewe wat met die universiteit verband gehou het. Dit was dus geen verrassing dat sy die geleentheid aangegryp het om by haar alma mater te werk nie.

 

Terwyl sy by die NWU was, het sy in 2010 haar BAHons in teologie by die kampus in Vanderbijlpark verwerf.

 

En wat hou die toekoms vir Alwine in? “Ek leer nog steeds en op die oomblik probeer ek (opnuut) die kuns bemeester om na my vyf jaar oue kleindogter, Caitlin, om te sien.” Alwine het drie dogters en vier kleinkinders.

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |