X

Redaksioneel

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Institusionele Kantoor, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

Dit kom van ver af

Beste mede-alumni,

 

Ek het nog altyd waardering gehad vir die lewe en alles wat daarmee saamgaan, en daarom het ek hierdie brief van waardering geskryf.

 

Ek is baie dankbaar vir die drie jaar waartydens ek op die NWU se kampus in Vanderbijlpark BCom Sport- en Rekreasiebestuur studeer het.

 

Ek wil eerstens die bemarker, mnr Piet van Wyk, bedank dat hy in my geglo het en my gehelp het om met middelmatige matriekuitslae by die NWU te kon inskryf. Hy het my die geleentheid gegee om in Januarie ’n kort wiskundekursus te doen voordat my klasse begin het. Terwyl ek met die kursus besig was, het ek in myself ’n drang gevoel om op ’n vlak te presteer wat ek nie geweet het ek kon nie. Met hierdie dryfkrag en God se seën het ek op 11 Mei 2017 my graad cum laude verwerf.

 

Ek wil al my dosente van 2014 tot 2016 bedank. Dit is met julle leiding en wysheid dat ek voorbereid is om hierdie jaar my honneursgraad in bemarking aan die Universiteit van Kaapstad te doen.

 

Elke enkele NWU-dosent wat deel was van my graadopleiding het vir my iets gegee om saam te neem op pad na volwassenheid, hetsy op akademiese vlak of in die vorm van emosionele intelligensie.

Hoewel ek nie persone wil uitsonder nie, gee ek erkenning aan ’n paar wat werklik ’n verskil in my lewe gemaak het sonder dat hulle dit besef.

 

Hulle is me Bianca Els, wat rekreasie onderrig het, dr Luzaan Hamilton, wat aan my die geleentheid gegee het om haar assistent te wees, prof Nadia de Klerk, wat bemarkingsnavorsing doseer het, en me Tembi Mosabala, wat bedryfsfinansies doseer het. Ek wil ook dankie sê vir dr Re-an Müller wat ’n passie vir bemarking, besigheid, onderrig, studente en goeie idees het.

 

Laastens wil ek die NWU bedank vir die manier waarop die gradeplegtigheid gehou is. Dit was ’n seën en ’n vreugde. Dankie vir die opening van die seremonie met ’n voorlesing uit die Bybel en ’n kort boodskap daarna. Dit was absoluut wonderlik dat die NWU en die ouers wat teenwoordig was die eer en dank vir ons talente en vermoëns aan God gegee het.

 

Ek bedank die NWU vir drie wonderlike jare. Julle het my vreugde verskaf, en ook vriende, wysheid, ’n ongelooflike omgewing en hoop vir die toekoms gegee. Ek mis reeds die pragtige kampus en die vermaaklike ganse.

 

Al my waardering

 

Nadia Gouws

(Brief verkort)

 

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

NWU & U  |

NWU & U  |