X

Profiel

Alumnus Unathi Abraham Mtolo sê die NWU se kampus in Vanderbijlpark bied ’n unieke studie-omgewing. “As ek opnuut moes besluit waar om te studeer, sou ek onmiddellik weer hierdie kampus kies."


Meer oor Nate

 

Waarna ek in my motor luister: Drake

 

My gunsteling vakansiebestemming: Ek sal graag Miami, Florida in die VSA wil besoek.

 

My rolmodel: Ek word geïnspireer deur die immer-groeiende Suid-Afrikaanse hip-hop-bedryf en gemotiveer deur gevestigde kunstenaars soos Drake, wat nie net gehaltemusiek produseer nie, maar ook die kuns van konsekwentheid bemeester.

 

My filosofie/mantra: Jaag jou drome na voordat jy enigiets en enigiemand anders najaag!

 

Hoe ek my tyd deurbring as ek nie werk nie: My werk is my lewe, dus werk ek eintlik selfs as ek nie werk nie, omdat ek my inspirasie in alledaagse gebeure soek.

 

Die nalatenskap wat ek wil agterlaat: Ek wil onthou word as die beste in dit wat ek gedoen het – en daardeur die jeug motiveer om hul eie verwagtinge te oortref.

 

Wyse woorde vir my jonger self: Om altyd in God se plan te glo, want Hy het ’n groter plan vir elkeen van ons.

 

Leef op die maat van
hip-hop-musiek

Die legendariese Amerikaanse kletsrymer, plateprodusent, akteur en digter Tupac Shakur het een keer gesê dat ongeag hoe moeilik die lewe raak, moet jy jou bors uitstoot, jou kop optel en dit hanteer.

Die opkomende Suid-Afrikaanse hip-hop-kunstenaar en NWU-alumnus Unathi Abraham Mtolo (25) stem heelhartig hiermee saam. Nate, soos hy in die musiekbedryf bekendstaan, het in 2014 ’n BA-graad in sielkunde en sosiologie aan die NWU se kampus in Vanderbijlpark behaal.

 

Die soete smaak van sukses

 

Sy vroeë vrystellings soos “Mandisa”, “Money on my mind” en “Living that life” het plaaslike hip-hop-aanhangers gaande gehad, en hom geïnspireer om voort te gaan om musiek te maak. Die legendariese Kwaito-ster Zola is by sy jongste poging, “Friend zone”, betrokke en dit is goed deur aanhangers ontvang. Die musiekvideo is binne minder as twee maande nadat dit vrygestel is, ’n verstommende 100 000 keer afgelaai.

 

Nate sê hy word gedryf deur ’n passie om musiek van die hoogste gehalte te skep.

Hy werk hard om deurlopend nuwe maar klassieke liedjies by sy plaaslike en internasionale repertoire in te sluit.

 

Tydens ’n onlangse media-onderhoud het Nate die volgende oor sy sukses met “Friend zone” te sê gehad: “Hierdie liedjie moet onthou word! Ons het saamgewerk met die hoop dat ons ’n tydlose liedjie kan skep – een wat oor 20 jaar nog bekend sal wees.”

 

Klein begin, groot gewin

 

Nate is in die klein dorpie Bizana in die Oos-Kaap gebore en het in Port Shepstone aan die Suidkus van KwaZulu-Natal grootgeword.

 

Nadat hy sy hoërskoolloopbaan voltooi het, het hy ’n bewuste besluit geneem om sy vlerke te sprei en ver van die huis af te gaan studeer. Hy het die NWU se kampus in Vanderbijlpark gekies, en hier – op die walle van die Vaalrivier – het hy geleer om uitdagings innoverend en konstruktief te hanteer.

 

As hy aan sy dae as student terugdink, onthou hy die belangrikste raad wat hy toe gekry het: as jy mense werklik wil verstaan, moet jy met hulle kontak maak – ware begrip moet nooit op oppervlakkige interaksie gegrond word nie.

 

“Ek het die kampus se sosiale lewe geniet en myself as ’n ywerige sportman in verskeie sportkodes beskou.”Nate het by die Oryx-dagkoshuis ingeskakel en wanneer hy nie in die klas was of gestudeer het nie, het hy aan ’n verskeidenheid aktiwiteite deelgeneem.

 

Hy het rugby en basketbal gespeel, en sy koshuis en die kampus in verskeie kompetisies verteenwoordig.

 

Nadat hy sy graad voltooi het, het Nate vir ’n paar maande lank as Clover se handelsmerkambassadeur gewerk. “Ek het die voorreg gehad om by ’n uiteenlopende belanghebbergroep betrokke te raak en terwyl ek nuwe produkte bekend gestel het, het ek geleer hoe om met die verskillende gehore te kommunikeer en kontak te maak – ’n vaardigheid wat ek vandag nog gebruik.”

 

Stem sy loopbaan fyn in

 

In 2014 het hy besluit om sy passie vir musiek voltyds uit te leef. Hy het ’n demo-album gemaak en het ’n kontrak by CMG Records gekry – een van die musiekmaatskappye op die hip-hop-toneel wat die vinnigste groei. Kort nadat hy die kontrak gesluit het, het hy die enkelopnames “Living that life” en “Mandisa” vrygestel.

 

Nate werk hard daaraan om egte hip-hop-musiek te skep en sê hy put sy inspirasie uit alledaagse gebeure in sy eie lewe of in die samelewing. “Ons maatskaplike struktuur beïnvloed feitlik alles in vandag se wêreld, en as musici sal ons beslis daardeur beïnvloed word.”

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER INLIGTING

Nate sê 'n mens moet jou drome najaag voordat jy enigiets of enigiemand najaag.


Jy kan Nate op sosiale media volg:

 

• Sound Cloud: https://soundcloud.com/kng-nate

• Facebook-bladsy: Oslo Nate

• Twitter: @olso_nate

NWU & U  |

NWU & U  |