x

Michelle Bownes, senior werknemerverhoudingespesialis, sê alle werknemers en studente moet saam werk om ’n institusionele kultuur teen geslagsgebaseerde geweld te bou. “Ons doen ’n beroep op alle studente en personeel om hulle ondersteuning te belowe wanneer ons hierdie nuwe beleid implementeer en toepas.”

Die stryd teen GGG word voortgesit en moet verskerp word.

Die NWU-Raad het in reaksie daarop onlangs ’n GGG-beleid aanvaar en goedgekeur met die doel om ’n bemagtigende omgewing te skep om GGG op en van die NWU se kampusse af te voorkom en te moniteer, en om personeel en studente oor GGG in te lig en enigeen te ondersteun wat daaraan blootgestel word.

 

Hierdie beleid sal alle genderidentiteite en seksuele oriënterings – insluitende LGBTQIA+-individue en gemarginaliseerde minderheidsgroepe – teen alle vorms van GGG, seksuele diskriminasie, geweld en treitering beskerm.

 

Van slagoffer tot oorwinnaar

 

Die NWU is vasbeslote om die gruwel van GGG by die instelling hok te slaan. Mense wat geteister word, word aangemoedig om daaroor te praat en ’n klag te lê sonder om vooroordeel of viktimisasie te vrees.

 

“Die universiteit sal ’n omvattende en uitgebreide benadering gebruik wat regverdig, billik, konsekwent, objektief, vertroulik en deursigtig is om klagtes van geslagsgebaseerde geweld te hanteer,” sê Michelle Bownes, senior werknemerverhoudingespesialis by die NWU.

 

“Wanneer ’n klag by die relevante strukture van die NWU gelê word, sal toepaslike en spoedige stappe ingevolge hierdie beleid gedoen word,” sê sy.

 

Handelsmerkambassadeurs op en van die kampus af

 

Die GGG-kwessie in Suid-Afrika is op breekpunt, en personeel en studente moet mekaar en lede van die publiek op en van ons kampusse af respekteer en beskerm.

 

“As instelling verstaan ons dat die oomblik as ons personeel en studente die perseel verlaat, hulle die handelsmerkambassadeurs van die universiteit word. Die NWU verdra geen gevalle van geslagsgebaseerde geweld nie, en moedig al sy belanghebbers aan om die beleid te volg en daaraan gehoor te gee, selfs al is hulle nie op die kampus nie,” sê Michelle.

 

Hierdie beleid sal personeel en studente beskerm wat klagtes teen ander lede van die universiteitsgemeenskap lê, hetsy dit personeel of studente is.

 

Dit sal ook eksterne belanghebbers beskerm wat nie by die universiteit studeer of werk nie en wat klagtes teen ’n NWU-personeellid of -student lê.

 

Die stryd teen GGG word voortgesit en moet verskerp word. Teen die agtergrond van die NWU se droom om ’n internasionaal-erkende universiteit in Afrika te wees wat bekend is vir betrokke wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en ’n sorgsaamheidsetiek, wil die universiteit ook voortgaan om sy personeel, studente en lede van die publiek oor GGG op te voed.

Die stryd teen

geslagsgebaseerde geweld verskerp

Instellings vir hoër onderwys het oor die afgelope paar jaar ’n drastiese toename in die voorkoms van geslagsgebaseerde geweld (GGG) ervaar.

Om dit te konfronteer, het die Departement van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie ’n beleidsraamwerk na al die universiteite regoor die land gestuur om hulle te help om beleide te skep wat GGG by hulle instellings sal hanteer.

Dr Sibusiso Chalufu, uitvoerende direkteur van Studentelewe, sê sy departement sal ’n aantal bewustheidsprojekte in samewerking met sleutelbelanghebbers en studenteleiers regoor die leierskapspektrum loods. Hulle beplan ook om saam met ander instellings in hoër sowel as basiese onderwys saam te werk.

Beweeg oor die fotos om meer te lees.

Klik op die skakel om meer te lees.

geslags-gebaseerde geweld verskerp