“Ons het in Maart begin om te probeer fiks word,” sê Jani. “Ek haat dit om gim toe te gaan en die Covid-19-pandemie het sake net vererger. Ek hou ook nie van draf nie, dus het Carina voorgestel dat ek bons.”

 

 Bons is ’n volledige oefenprogram op ’n minitrampolien.

 

Sit die wip terug in jou dag

 

Jani het besluit om ander kollegas te werf en die groep het nou ses lede.

 

Hulle oefen soms in groepe van twee om te verseker dat hulle sosiale distansiëring kan handhaaf, en as gevolg van die Covid-19-beperkings kom hulle virtueel bymekaar om mekaar aan te moedig.

 

“Om saam met kollegas te oefen, is ’n baie goeie motiveerder,” sê sy. “Spangebaseerde oefeninge bou verhoudinge en gee vir kollegas iets wat hulle in gemeen het. Die kollegas saam met wie ek bons, sê die groep se oefeninge het hulle gehelp om stres te verminder, hulle energie te verhoog, en hulle algehele gemoedstoestand te verbeter. Dit is ’n prettige manier om te oefen.”

 

Sy voeg by dat die sleutel tot vordering is om pret te hê en die oefening maklik by jou dagprogram te integreer, soos om 30 minute per dag vir vyf dae per week te oefen.

 

Ander fiksheidsaktiwiteite wat kollegas saam kan doen, is om onder andere sagtebal te speel en te stap. “Dit kan ook spanwerk bevorder,” sê Jani.

 

 “Wanneer kollegas kan leer om buite die werk om as ’n span saam te werk, sal hulle ook makliker tydens werksure as ’n span kan saamwerk.”

 

Enigiemand wat graag by die groep wil aansluit, is welkom om vir Jani te kontak.

Om op jou eie fiks te word, kan ’n eensame ervaring wees. Om in ’n groep saam te oefen, kan baie lekkerder wees, veral wanneer die mense in jou groep jou kollegas is.

BONS,
HOE BETER

Hoe meer saam

Dr Jani van der Vyver het ’n bonsgroep begin om fiksheid onder kollegas aan te moedig.

Dit is die ervaring van dr Jani van der Vyver, ʼn senior fakulteitskakelbeampte by die Fakulteit Geesteswetenskappe. Haar “bons”-groep is deur haar dieetkundige, Carina Fourie, ’n NWU-alumna, geïnspireer om fiksheid onder kollegas aan te moedig.

Enigiemand wat graag by die groep wil aansluit, is welkom om vir te kontak.