Stygende misdaadvlakke verg deurlopende waaksaamheid

 

By die NWU is die veiligheid van ons studente en personeel – op of van die kampus af – vir ons ’n topprioriteit. Dit is waarom ons op 10 en 11 Junie 2021 ’n virtuele Veiligheids- en Gemeenskapsberaad gehou het.

 

Die kantoor van die visekanselier, die Studentelewe-kantoor en Beskermingsdienste het die beraad gereël om mense meer bewus te maak van veiligheid en om studenteleiers en huisouers te bemagtig om veiligheidskwessies te hanteer.

 

Verskillende belanghebbers het ’n bydrae gelewer, soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Misdaadondersoekdiens en Mooirivier Beskerming, ’n privaat sekuriteitsmaatskappy in Potchefstroom.

 

Beskermingsdienste was ook betrokke, aangesien hulle ’n deurslaggewende rol in die monitering en ondersoek van kwessies rakende veiligheid of misdaad op kampus speel.

 

Die organiseerders van die beraad, die Studentelewe-span met direkteur dr Corrie Rheeder aan die hoof, sê die beraad het interne en eksterne belanghebbers in staat gestel om ’n netwerk te vorm en saam te werk. Dit het ook getoon hoe maklik misdaad plaasvind omdat misdadigers hulle as gewone burgers voordoen.

 

As ’n mens dit weet, sal koshuis- en huiskomiteelede, en die NWU-gemeenskap as geheel, moeiliker slagoffers van opportuniste met kwade bedoelings word.

Klik op die blokkies hieronder vir die kontakbesonderhede van Studentevoorligting en -ontwikkeling, asook Beskermingsdienste op die drie kampusse.

Dr Corrie Rheeder het die Studentelewe-span gelei wat gehelp het om die veiligheidsberaad te organiseer.

Studente loop enige tyd van die dag en nag op die kampus en in die omliggende gebiede rond – van hulle loop na en van kroeë, restaurante en winkels sonder om daaraan te dink dat dit dalk te gevaarlik kan wees.

VEILIGHEID

NWU plaas

Wenke oor veiligheid

Dit is belangrik om te onthou dat ’n veilige kampus almal se verantwoordelikheid en in almal se belang is. Saam is ons veiliger en sterker.

van personeel en studente voorop

Misdadigers doen hulle gewoonlik as gewone, vriendelike burgers voor en veroorsaak dikwels dat ons personeel en studente minder waaksaam is en sodoende die slagoffers van misdaad en bedrog word, hetsy dit op straat of in die kuberruim is.

Klik op die skakels om meer te lees.