eish! het vir Annamarie de Kock, die risiko- en voldoeningskoördineerder van Korporatiewe en Inligtingsbestuurdienste, gevra om vir ons te vertel waarom ons botsing van belange moet verklaar, wat dit beteken, en wat dit is wat ons moet verklaar. Sy het ook vir ons meer oor die beleid en reëls oor botsing van belange en oor verklarings van belange en oor geskenke vertel.
V: Wanneer is daar botsing van belange?
A: ’n Botsing van belange bestaan wanneer personeellede:
Personeellede moenie huiwer om hulle belange te verklaar nie, aangesien die beleid dit duidelik maak dat die verklaring van belange nie outomaties beteken dat daar ’n botsing van belange is nie. ’n Konflik bestaan wanneer ’n persoon ’n situasie kan beïnvloed sodat hulle persoonlik daarby baat.
V: Waarom moet ons elke jaar ’n botsing van belange verklaar?
A: Dit word deur die wet vereis om korrupsie, ’n verlies vir jou werkgewer of finansiële voordeel vir jouself te voorkom deurdat jy jouself, sake-entiteite of persone wat aan jou verwant is, bevoordeel. Daar is twee landswette, plus die NWU se eie beleid, wat dit voorskryf.
Die eerste wet is die Wet op Hoër Onderwys. Hierdie wet bepaal dat jy met jou aanstelling enige botsing of potensiële botsing van belange skriftelik moet verklaar, asook enige nuwe belang wat jy agterna verkry, en voordat jy goedere en dienste verkry.
Tweedens sê die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, Wet 12 van 2004, dat dit ’n misdaad is vir ’n openbare amptenaar om ’n privaat belang te hê by enige kontrak, ooreenkoms of belegging wat met die openbare liggaam waar hy of sy in diens is, verband hou.
Die NWU se beleid vul hierdie wette aan en ondersteun dit. Die beleid sê wanneer jy aangestel word, moet jy alle belange skriftelik verklaar en dit jaarliks daarna op die aanlyn DYI-stelsel doen.
Jy moet ook as deel van jou prestasiebestuursproses enige belange aan jou lynbestuurder en die volgende lynbestuurder openbaar. Daarbenewens moet jy die relevante bestuurstrukture – byvoorbeeld die komitees waarop jy dien – van enige gevalle van botsing van belange in kennis stel.
Deur al jou belange te verklaar, beskerm jy jouself deur seker te maak dat jy nie by enige transaksies betrokke raak wat jou aan kriminele oortredings kan blootstel nie.
V: Wat is die belangrikste dinge om te verklaar?
A: Jy moet ’n VOLLE verklaring aflê van alle sake-, handels- of finansiële aktiwiteite wat jy met die oog op wins onderneem – onthou dit is vir die universiteit om te besluit of daar ’n botsing is of nie.
’n Botsing van verbintenis moet ook verklaar word indien dit veroorsaak dat jy minder tyd en energie bestee aan die werk waarop jy en die universiteit in jou taakooreenkoms ooreengekom het.
Jy moet ook enige verryking van jouself (as ’n NWU-werknemer) verklaar wanneer verwante sake-entiteite, familielede of verwante persone ten koste van die universiteit bevoordeel word.
V: Waar kan ons hierdie beleid vind?
A: Die beleid kan op die beleidsbladsy van die NWU se webwerf gevind word.
Annamarie de Kock, die risiko- en voldoeningskoördineerder van Korporatiewe en Inligtingsbestuurdienste, sê personeellede moet ALLE aktiwiteite verklaar wat hulle met die oog op wins onderneem, selfs al is hulle nie seker of dit ’n botsing van belange is nie. Dit is vir die universiteit om te besluit of daar ’n botsing is of nie.
Bots jou
PERSOONLIKE BELANGE MET DIÉ VAN DIE NWU?
FOKUS OP
VAN
Het jy al gewonder waarom ons elke jaar enige botsing van belange moet verklaar?