Die 20-jarige BCom Geoktrooieerde Rekenmeesterskap-student van die Vanderbijlparkkampus laat nie toe dat die aandag wat sy in die kollig ontvang na haar kop toe gaan nie.

 

Benewens dat sy ’n lid van die Golden Key-vereniging is, is Karabo die voorsitter van die studentevereniging van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurwetenskappe en die handelsmerkambassadeur vir die IKT-maatskappy VTC Holdings en die klerehandelsmerk Mandacosia.

 

Hoe die reis begin het

 

Karabo, wat in Kwaggafontein in Mpumalanga gebore is en grootgeword het, het haar loopbaan met skoonheidswedstryde in 2016 begin toe sy die tweede prinses in die Mej Kwaggafontein-kompetisie was.

 

Sy het daarna ’n reeks skoonheidstitels gewen, insluitende Mej Tweefontein Kultureel 2017, Mej Phola Mall Publieke Keuse 2018, Mej Tiener Tshwane Streek 7 Tweede Prinses 2019, finalis vir Mej Jozi 2019, Mej Opkampus Tweede Prinses, finalis vir Mej Kampus 2021, en die huidige Mej Kwaggafontein 2019/20.

 

Bou aan jouself deur ander op te bou

 

Karabo sê om die houer van die titel van ’n skoonheidskompetisie te wees, bring baie verantwoordelikhede wat ’n mens se karakter bou.

 

“Skoonheidswedstryde stel eise aan ’n mens en bou jou karakter. Dit laat jou in eindelose moontlikhede glo en skep maniere om die titel te gebruik om belangrike maatskaplike kwessies te bevorder.

 

“Dit vind aanklank by my, aangesien my ma my geleer het dat ons aan onsself bou wanneer ons ander opbou, omdat diens aan die mensdom diens aan God is.”

 

Sy sê skoonheidswedstryde bou ook selfvertroue en kommunikasievaardighede, leierskap en netwerkmoontlikhede, en verskaf ’n platform waar deelnemers hulle menings kan lug en op verskillende vlakke aangehoor kan word.

 

Gee alles wat jy het

 

“Ek is baie passievol oor platforms soos skoonheidswedstryde om diegene wat ná my kom, aan te moedig om nooit op te hou om in hulleself te glo nie, en om sake wat hulle na aan die hart lê, te bevorder,” sê Karabo. “Ek wil hierdie jaar studente aanmoedig om aan kampusinisiatiewe deel te neem.”

 

Karabo sê ’n skoonheidskoningin dra haar kroon nie net op haar kop nie, maar ook in haar hart. “Dit beteken sy moet bereid wees om onverpoosd te werk en met onwrikbare toewyding haar take as titelhouer vervul.”

as wat ’n mens kan sien

BCom-student Karabo Mahlangu dra die titel van Mej Kwaggafontein 2019/20.

Die NWU-student Karabo Mahlangu is die bewys dat daar meer in ’n skoonheidskoningin steek as wat ’n mens op die oog af kan sien.

Daar skuil baie meer in

Die student Karabo Mahlangu is die voorsitter van die studentevereniging van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.