NWU se Vanderbijlparkkampus open sy nuwe Administrasiegebou

Dit is ons

Ten spyte van die vertragings as gevolg van die pandemie is die nuwe Administrasiegebou op die Vanderbijlparkkampus uiteindelik op 27 Augustus 2021 geopen.

 

Hierdie nuwe gebou, wat nou die kampusbestuur en die hele kampusadministrasie huisves, is die produk van die kampus se pogings om sy langdurige stryd ten opsigte van werksruimte te hanteer.

 

Prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier vir beplanning en Vanderbijlpark-kampusbedrywighede, sê die opening van die nuwe gebou was ’n heuglike oomblik.

 

“Hierdie gebou moet baie meer wees as bloot ’n werksruimte – dit moet ’n plek wees waar almal welkom en tuis voel,” sê sy.

Klik op die beeld hierbo om by ons aan te sluit vir die opening van die nuwe Administrasiegebou op die Vanderbijlparkkampus. In die video neem prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier vir beplanning en Vanderbijlpark-kampusbedrywighede, ons op ’n toer om meer oor die interessante kenmerke van die gebou uit te vind.

Klik hier om die hele artikel te lees.

-BESONDERHEDE

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.

Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za