By die NWU onderskryf ons die idee dat ons almal onsself kan oortref, en dat dit nie net vir ’n paar uitverkorenes beskore is nie. Ons het elke dag, elke oomblik, die potensiaal om beter te word as wat ons tans is.

Kom ons

oortref onsself ...

Die “Oortref jouself”-teken moedig ons belanghebbers aan om aan te hou beweeg, aangesien elke oomblik die moontlikheid van groei en vordering inhou.

Hoe hulle hulself oortref het

Hierdie kollegas vertel vir ons hoe die NWU hulle gehelp het om hulself te oortref. Klik op elke foto om meer te lees.

 

In hierdie video daag ons ons studente uit om hulle grense te verskuif, hulle beperkings te toets en hulleself elke dag te oortref in dit wat hulle doen.

eish! het vir Clement Manoko, uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking, gevra om ons meer oor die “Oortref jouself”-projek te vertel en wat dit vir ons personeellede beteken.

 

“Ek wil eerstens beklemtoon dat julle, ons personeellede, alreeds ’n ‘oortref jouself’-gesindheid getoon het,” sê Clement.

 

“Die Covid-19-pandemie het ’n hele klomp uitdagings vir die NWU gebring, en julle het nie net daardie uitdagings aanvaar nie, maar baie daarvan oorkom.

 

“Julle was nie bang om julle gemaksones te verlaat en nuwe dinge te probeer om die werk gedoen te kry nie. Dit is die essensie van ‘oortref jouself’ soos dit deur die ‘groter as’-teken uitgebeeld word,” voeg hy by.

 

Die teken wys vir ons die weg aan

 

Die “groter as”-teken – ’n pylpunt wat vorentoe wys – moedig ons belanghebbers aan om aan te hou beweeg, aangesien elke oomblik die moontlikheid van groei en vordering inhou.

 

“Hierdie vordering word nie altyd met reusespronge bereik nie, maar eerder met klein treetjies wat ons reis voltooi. Ons wil julle aanmoedig om hierdie ingesteldheid verder te neem deur julleself te oortref, sodat julle môre beter sal wees as wat julle gister of die dag tevore was,” sê Clement.

 

Hy wys daarop dat die NWU talle verskillende geleenthede bied om juis dit te doen. “Hetsy dit is om vir julle eie geestesgesondheid te sorg of julle opvoeding te bevorder, ons wil hê dat julle elke geleentheid moet aangryp om julle volle potensiaal te bereik.”

 

Ons het die uitdaging aangegryp. Sal julle ook?



Meer oor die veldtog

 

Die “Oortref jouself”-veldtog is op alle NWU-belanghebbers gemik – van personeel en studente tot alumni en voornemende studente. Ons wil met hierdie veldtog al ons belanghebbers inspireer om hulle grootsheid te herken en te vier en die geleenthede wat die NWU bied, te gebruik om selfs nog beter te word.

 

 

Clement Manoko, uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking, sê alle belanghebbers moet die talle geleenthede wat die NWU bied, aangryp om hulleself te oortref.