eish! bedank prof Dumi dat hy iets van homself met ons gedeel het, en ons sien uit na al die suksesse wat hy met die Fakulteit Geesteswetenskappe gaan behaal. Kyk uit vir ons volgende aflewering; ons skryf dalk oor jou gunstelingkollega.

 

 

opgewonde oor die uitdaging

Dumi is

eish! het vir Dumi gevra watter drie woorde hom die beste beskryf ... klik op die sirkels hierbo om te sien wat sy antwoord was.

Prof Dumi Moyo, die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe, sê hy is op sy gelukkigste wanneer hy in die natuur is. “Om plante te kweek of na diere om te sien gee vir my ongelooflike vreugde. Daar is so baie wat ons uit die natuur kan leer, as ons net tyd maak daarvoor.” Foto: Jethro Longwe.

In hierdie aflewering van ons lighartige kenmekaarberig, praat eish! met prof Dumi Moyo, pasaangestelde uitvoerende dekaan vir die Fakulteit Geesteswetenskappe.

 

Dit is die uitdagendste en opwindendste rol van sy loopbaan tot dusver, sê Dumi, en hy sien daarna uit om ’n goed geïntegreerde en hoogs sigbare fakulteit te lei wat vandag se onderrig- en navorsingsuitdagings aangryp.

 

In hierdie artikel vertel Dumi vir ons ’n bietjie meer oor homself en sy agtergrond.

 

Waar het jy grootgeword?

Ek het op ’n plaas in Zimbabwe grootgeword, en ek dink altyd dit is wat gesorg het dat ek vandag so ʼn kalm geaardheid het. Ek het daar baie ruimte gehad om te dink, en ek het die natuurlike gang van dinge gevolg.

 

Watter loopbaan wou jy volg toe jy ’n kind was?

Ek was verskeurd tussen elektriese en chemiese ingenieurswese. Die maak en ontdekking van nuwe dinge het my altyd opgewonde gemaak.

 

Waar en wanneer het jy jou kwalifikasies verwerf?

Ek het die grootste gedeelte van my vroeë opvoeding in Zimbabwe gehad. My eerste graad was ’n honneurs in Engelse letterkunde. Ek was gelukkig om ’n beurs te kry om my meesters- sowel as my doktorsgraad in media en kommunikasiestudies by die Universiteit van Oslo in Noorweë te doen.

 

Hoe het jy in die hoëronderwyssektor beland?

Deur ’n reeks ongelukke, sou ek sê. Maar die ontdekking en deel van kennis, die interaksie met studente en die ervaring dat ek ’n verskil in hulle lewens maak, maak my altyd baie opgewonde.

 

My hoërskoolonderwysers het daarop aangedring dat ek vakke in die geesteswetenskappe neem, in plaas van die wetenskappe wat ek op daardie stadium graag wou neem – ek dink dit was vir hulle eie persoonlike redes.

 

Interessant genoeg het ek die vakke in die geesteswetenskappe baie geniet en baie goed daarin gevaar. Die res is, soos hulle sê, geskiedenis.

 

Wat is jou aangenaamste herinnering uit jou kinderjare?

Ek was soos die meeste kinders baie nuuskierig toe ek grootgeword het. Ek onthou die man wat elektrisiteit vir ons op die plaas kom installeer het. Ek was so betower deur die wonderwerke wat hy met daardie drade verrig het dat ek hom letterlik soos ’n skaduwee gevolg het. Ná hy weg is, het ek die de facto plaaselektrisiën geword.

 

Wat is jou gunstelingsport en  sportspan?

My eerste liefde was tennis, en ek het tot op universiteitsvlak mededingende tennis gespeel. Ek probeer om internasionale sokker te volg, maar ek raak op ’n manier altyd agter daarmee. Ek wil glo dat ek wel vir Manchester City ondersteun.

 

Wat is jou gunstelingplek om heen te reis, en waarom?

Senegal, sonder twyfel. Dakar is ongelooflik, van die Goree-eiland waarvandaan die geskiedkundige slaweskepe vertrek het tot by hulle lewendige kuns en kultuur, pragtige strande en die warmte van die mense.

 

Ek is baie geïnspireer deur Sembene Ousmane se romans en flieks, wat ’n pragtige kykie op Senegal verskaf.

 

Wat doen jy in jou vrye tyd?

Ek oefen. Ek hou baie van stap en gim. Ek is obsessief oor die getal treë wat ek elke dag stap. Dan lees ek natuurlik ook graag. Daar is net nooit genoeg tyd daarvoor nie.

 

Wat is jou gunsteling- Suid-Afrikaanse gereg?

Dit is ’n moeilike keuse tussen mogodu en potjiekos. Maar dan het ek ook onlangs ontdek dat malvapoeding ’n besliste Suid-Afrikaanse oorsprong het. Dit was nog altyd my gunstelingnagereg.