SKRYF-WEGBREEK:

Kyk na hierdie video om uit te vind hoe die Kwaliteitbevorderingskantoor die interne programevalueringsproses transformeer om meer relevant en toeganklik in ’n aanlyn omgewing te wees.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan Mariëtte.

Terwyl hoër onderwys besig is om uit te brei en te diversifiseer, is die samelewing besig om toenemend bekommerd te raak oor die gehalte van akademiese programme. Die NWU is besig om daarop te reageer.

Johan Erasmus sê ons moet krities nadink oor hoe ons onderrig en leer beplan, ontwerp en toepas. Uiteindelik moet ons studente verantwoordelike landsburgers word wat tot die ekonomiese groei in die land bydra.

sit jou denkershoed op

Dr Mariëtte Fourie, kwaliteitsbestuurder vir akademiese programme by die NWU se Kwaliteitbevorderingskantoor, sê hoëronderwysinstellings moet teenoor hulle belanghebbers aanspreeklik wees, veral wat kwaliteit betref.

 

“Al hoe meer hoëronderwysinstellings word toenemend belangrike aandrywers van ekonomiese mededingendheid in ’n wêreldwye ekonomie wat al hoe meer deur kennis aangedryf word. Die kwaliteit van onderrig en leer en gevolglike kwaliteit van kwalifikasies by enige hoëronderwysinstelling is ’n integrale deel van sy kernbesigheid.”

 

Sy verduidelik dat die algehele kwaliteit in hoër onderwys noodsaaklik is om studente met die kennis, vaardighede en bekwaamhede toe te rus wat hulle nodig het om sukses te behaal nadat hulle gegradueer het. Dit is waarom dit belangrik is om oor die gehalte van onderrig en leer, veral afstandonderrig en -leer, na te dink.

 

Laat ons deeglik nadink

 

“Refleksiwiteit impliseer dat daar sistematies gekyk word na hoe jy kennis produseer en struktureer. Dit gaan oor die begrip vir, en bevraagtekening en ondersoeking van jou eie praktyke, en dat jy dit ernstig sal beskou.”

 

“Ons moet in besonder nadink oor die gehalte van onderrig in die konteks van die belangrikste besprekings en veranderings wat in die hoëronderwysomgesing plaasvind.”

 

Die Kwaliteitbevorderingskantoor gaan tussen 25 en 29 Oktober ’n drie dae lange virtuele skryffasiliteringsessie aanbied om akademiese en professionele personeel in staat te stel om ’n refleksiewe benadering te volg wanneer hulle aan die verskillende evaluerings by die universiteit deelneem.

 

Hierdie benadering geld vir al die NWU se evaluerings, insluitende interne en eksterne programevaluerings, selfevaluerings, oorsigtelike evaluerings en eweknie-beoordelings, die Covid-19-evalueringsoorsig en die Raad op Hoër Onderwys se institusionele oudit.

 

Die titel van die skryffasiliteringsessie is “Towards a scholarship of quality enhancement: becoming a reflexive practitioner”, en sal die NWU se Vakkundigheid van Kwaliteitsbevordering-benadering (SQE-benadering) vir akademici en ondersteuningsdepartemente volg.

 

Verskillende professionele persone op die gebied van kwaliteit in hoër onderwys, kundiges op die gebied van onderrig en leer, en praktisyns van refleksiwiteit sal die aanbiedings en werksessies hanteer. Onderwerpe sal die manier insluit om oor praktyke na te dink, hoe om reflektiewe narratiewe te skryf en hoe om refleksiewe skryfvaardighede te bevorder.

 

Hierdie professionele ontwikkelingsgeleentheid word deur die universiteit se kapasiteitsontwikkelingstoekenning befonds.

 

Die impak van die Vakkundigheid van Kwaliteitsbevordering-benadering (SQE-benadering)

 

Dr Mariëtte Fourie sê die doel van die SQE-benadering is om ’n toepaslike balans tussen kwaliteitsontwikkeling en aanspreeklikheid te vind.

 

“Dit vereis van NWU-personeel om krities na te dink oor wat ’n universiteit moet doen om die waarskynlikheid van studentesukses te verbeter en daarvoor verantwoordelik te wees, en oor ons vermoë om vir ons studente uitstekende leerervarings te verskaf.”

 

Sy voeg by dat hierdie benadering meer is as om aan minimum standaarde te voldoen – dit handel oor die verbetering van die prestasie van studente en om uiteindelik onderrig en leer van gehalte in ’n veranderende omgewing te verseker.

 

Volgens Johan Erasmus, projekkoördineerder vir kwaliteit in die Kwaliteitbevorderingskantoor, moet ons krities nadink oor hoe ons onderrig- en leerervarings vir studente beplan, ontwerp en aanbied.

 

“Ons moet dit doen om studente aan te moedig om meer gemotiveerd oor en betrokke by hulle studies te wees. Hulle moet op die ou end nie net akademiese sukses behaal nie, maar betrokke, aanspreeklike burgers word wat praktyke in die werkplek sal bevorder en ’n bydrae tot ekonomiese groei in Suid-Afrika sal lewer.”

Dr Mariëtte Fourie nooi akademici en professionele personeel uit om ʼn virtuele skryffasiliteringsessie van 25 tot 27 Oktober by te woon. Dit sal hulle in staat stel om ʼn refleksiewe benadering te volg wanneer hulle aan die verskeie evalueringsgeleenthede by die universiteit deelneem.