X

nuus

Die Alunni-toekennings word sedert 2013 toegeken.

Die tyd raak min
vir alumni-nominasies

Die NWU kan met uitstekende alumni spog wat blywende spore in die samelewing gelaat het. Ons het jou nominasies nodig om weereens erkenning te gee aan uitnemendheid in die vorm van die Alumni-toekennings.

Teen hierdie tyd het jy waarskynlik al e-posse en sms'e van die institusionele alumnikantoor ontvang wat vra dat julle voor 7 Junie verdienstelike kandidate vir die toekennings moet benoem. Indien jy nog nie so ver gekom het nie – daar is nog net een week oor!

 

Kandidate kan vir die volgende toekennings benoem word:

 

  • NWU Alumni-toekennings van Uitnemendheid (kategorieë: Navorsing, Onderwys, Gemeenskapsbetrokkenheid, Sakeleierskap, Kuns en Kultuur, Sport, Openbare Diens)

  • NWU Jong Alumnus-toekenning

 

Neem asseblief kennis dat huidige lede van die NWU Raad, die uitvoerende komitee van die Konvokasie, en lede van die institusionele bestuur nie vir die toekennings benoem mag word nie.

 

Klik gerus hier om meer oor elk van die toekennings te lees en toegang tot die elektroniese benoemingsvorm te bekom. Indien jy voel dat jy self 'n goeie kans staan om 'n Alumni-toekenning los te slaan, mag jy iemand anders vra om jou te nomineer.

 

Moet dus nie huiwer om aan die nominasieproses deel te neem nie – die tyd raak min.

 

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

 

Skitterende sterre

 

Sommige van die bekende alumni wat al in die verlede Alumni-toekennings ontvang het, is onder meer FW de Klerk, Bismarck Tyobeka, Deon Meyer, regter Yvonne Mokgoro, prof TT Cloete en Katlego Maboe. Klik hier vir die lyste van vorige wenners.

 

NWU & U  |

inhoud

Die tyd raak min

inhoud

NWU & U