X

Profiele

Deon Meyer, een van Suid-Afrika se beste en mees gerespekteerde spanningsverhaalskrywers, het verlede jaar ’n Alumni-toekenning ontvang. Sy 11 boeke is reeds in 27 tale vertaal.

Vinnige feite

  • Hoe ontspan jy?

    Ek ry fiets, fliek en reis.

  • Waar lees jy?

    In die bed bly maar die lekkerste.

  • Wie is jou gunsteling-skrywer?

    Soos alle fanatiese lesers, het ek nie net een gunsteling-skrywer nie, maar tientalle. Ek geniet enigiets, van JM Coetzee tot by William Gibson, Michael Connelly, Robert Harris, Ian Rankin, Lee Child, Michael Ridpath, John Sandford, George P Pelecanos, Douglas Kennedy, Mark Bowden en Anthony Beavor, om maar net enkeles te noem. En natuurlik die groot meesters: John D MacDonald, Ed McBain, John le Carré, Frederick Forsyth, Ted Allbeury, Robert B Parker...

  • Het jy ’n kindle? Of verkies jy nog ’n papierboek?

    Ek het regtig hard probeer om ‘n Kindle en iPad vir lees te gebruik, want dit is so gemaklik en nuttig, veral as mens reis. Maar ek het eindelik weer teruggekom na regte boeke toe.

  • Hoeveel storie-idees het jy al opgegaar?

    Ek het tientalle storie-idees in lêers, maar nie almal is ewe goed nie. Die meeste sal nooit deel van ‘n boek of draaiboek wees nie.

  • Dink jy die publiek waardeer die polisie se werk na behore?

    Nee, die publiek het nog nooit hulle werk behoorlik waardeer nie, bloot omdat daar ‘n baie groot gebrek aan kennis is oor wat lede van die SAPD moet opoffer (en teen watter salaris) om ons veilig te laat slaap.

  • Watter snaakse vrae moes jy al oorsee oor Suid-Afrika beantwoord?

    ʼn Tannie in Detroit in die VSA het gevra of die olifante my tuin dikwels verniel. Toe sê ek, ja, dit is ’n probleem, maar die groter dilemma is die leeus wat so onder ons kinders vang...

Nostalgie, studentepret

en ’n nuwe boek...

As Deon Meyer in Klerksdorp kuier, ry hy verby die huis waarin hy grootgeword het en is sommer omgekrap as hy sien die nuwe eienaars het nuwe bome geplant.

“Die nostalgie wil mos hê alles moet nog lyk en voel soos destyds en dan is mens vies as dinge verander het,’’ gesels hy.

Deon, ʼn bekende spanningsverhaalskrywer, het pas sy jongste boek (met die werktitel "Koors”) voltooi en dié boek behoort teen Augustus op die rak te wees. Nou neem hy eers ’n blaaskans, maar glo dit of nie, ’n nuwe storie broei klaar in sy kop.

Ink in sy are

“Skryf is al wat ek kan doen; ek vermoed daar is drukkersink in my bloed,’’ spot Deon, ʼn alumnus van die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO en vandag die NWU se Potchefstroomkampus).

Sy loopbaan as skrywer het in ’n koerant se nuuskantoor begin. Hy was amper verlore vir die literêre wêreld, want hy wou eers onderwyser word. Hy het in 1978 aan die destydse PU vir CHO ingeskryf vir BA met Engels en aardrykskunde as hoofvakke. Geskiedenis het in sy tweedejaar aardrykskunde as hoofvak vervang.

Hy het aan Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp gematrikuleer. Daar het twee onderwysers, Ben Griesel en Valerie du Bruyn, ’n diep indruk op hom gelaat en hom geïnspireer om in hul voetspore te volg.

“Maar ek het saam met onder andere Theuns Eloff by ’n projek in die township betrokke geraak waar ons swart matrikulante in daardie onstuimige tye gehelp het om matriek te slaag. En in die proses het ek geweet onderwys is nie vir my nie.”

Gedigte en sêr

Deon het op universiteit al begin skryf. Hy en klasmaat Ralph Rabie – later bekend as Johannes Kerkorrel – het saam ’n Engelse poësietydskrif op kampus begin waarin albei gepubliseer het (“sy gedigte was veel beter as myne”).

Hy dink met nostalgie terug aan sy studentedae wat soms meer plig as plesier was. Hy het vir sy eie studies betaal en het Donderdag- en Vrydagaande, asook die hele Saterdag en Sondag in die Spur in Klerksdorp gewerk – eers as kelner, en later as braaier en bestuurder.

“Dit is dalk waarom die meeste van my lekkerder stories oor hierdie studentewerk handel. Ek was dikwels te moeg om in die week in die koshuis kattekwaad aan te vang,” lag hy.

Dit beteken egter nie dat daar nie tyd vir “onskuldige” studentepret was nie. Hy vertel van die keer toe ’n troon-stoel by die Elgro-hotel amper voete gekry het, van gang 2 in Hombré (“ek was te mooi vir Caput”) se glyende waterspele met sopnat badkamers en vloere en van laatnag-sêr by die dameskoshuise.

“Prof Gert van den Berg van geskiedenis was ’n verstommende goeie storieverteller, en natuurlik, prof Dap Louw van sielkunde, wie ek vandag nog konsulteer oor forensiese sielkunde.”Deon en sy tweedejaar-kamermaat, Reinhard Eubel, was saam in die lugmag se koor- en konsertgroep, Die Kanaries, en bekend vir hul serenades onder donker kamervensters.

Dosente se invloed

“En dan was daar die voorreg van uitmuntende dosente. Prof Annette Combrink het onwetend ’n baie groot invloed op my skrywersloopbaan gehad toe sy eendag sien ek lees die Amerikaanse misdaadskrywer, Ed McBain, se boeke en vir my sê sy geniet sy werk ook, en dat McBain literêre meriete het.”

Sedertdien het baie water in die see geloop en het die NWU hom verlede jaar as een van sy uitstaande alumni vereer. Deon word as een van Suid-Afrika se beste en mees gerespekteerde misdaadskrywers beskou. Hy het in 2009 voltyds begin skryf en het reeds 11 romans en twee bundels kortverhale gepubliseer.

En aangesien die drukkersink deur sy are bruis, kan lesers uitsien na nog baie leesstof uit sy pen.

NWU & U

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Terwyl Deon ’n tweedejaarstudent was, het hy sy heel eerste motorfiets – ‘n Honda CX 500 – met sy Spur- en beursgeld gekoop. “Ek en my destydse meisie, Dainty Meintjes, is selfs een langnaweek daarmee Kaap toe en terug.”

NWU & U  |

Deon Meyer, een van Suid-Afrika se beste en mees gerespekteerde spanningsverhaalskrywers, het verlede jaar ’n Alumni-toekenning ontvang. Sy 11 boeke is reeds in 27 tale vertaal.WAs Deon Meyer in Klerksdorp kuier, ry hy verby die huis waarin hy grootgeword het en is sommer omgekrap as hy sien die nuwe eienaars het nuwe bome geplant.

“Die nostalgie wil mos hê alles moet nog lyk en voel soos destyds en dan is mens vies as dinge verander het,’’ gesels hy.

Deon, ʼn bekende spanningsverhaalskrywer, het pas sy jongste boek (met die werktitel "Koors”) voltooi en dié boek behoort teen Augustus op die rak te wees. Nou neem hy eers ’n blaaskans, maar glo dit of nie, ’n nuwe storie broei klaar in sy kop.

Ink in sy are

“Skryf is al wat ek kan doen; ek vermoed daar is drukkersink in my bloed,’’ spot Deon, ʼn alumnus van die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO en vandag die NWU se Potchefstroomkampus).

Sy loopbaan as skrywer het in ’n koerant se nuuskantoor begin. Hy was amper verlore vir die literêre wêreld, want hy wou eers onderwyser word. Hy het in 1978 aan die destydse PU vir CHO ingeskryf vir BA met Engels en aardrykskunde as hoofvakke. Geskiedenis het in sy tweedejaar aardrykskunde as hoofvak vervang.

Hy het aan Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp gematrikuleer. Daar het twee onderwysers, Ben Griesel en Valerie du Bruyn, ’n diep indruk op hom gelaat en hom geïnspireer om in hul voetspore te volg.

“Maar ek het saam met onder andere Theuns Eloff by ’n projek in die township betrokke geraak waar ons swart matrikulante in daardie onstuimige tye gehelp het om matriek te slaag. En in die proses het ek geweet onderwys is nie vir my nie.”

Gedigte en sêr

Deon het op universiteit al begin skryf. Hy en klasmaat Ralph Rabie – later bekend as Johannes Kerkorrel – het saam ’n Engelse poësietydskrif op kampus begin waarin albei gepubliseer het (“sy gedigte was veel beter as myne”).

Hy dink met nostalgie terug aan sy studentedae wat soms meer plig as plesier was. Hy het vir sy eie studies betaal en het Donderdag- en Vrydagaande, asook die hele Saterdag en Sondag in die Spur in Klerksdorp gewerk – eers as kelner, en later as braaier en bestuurder.

“Dit is dalk waarom die meeste van my lekkerder stories oor hierdie studentewerk handel. Ek was dikwels te moeg om in die week in die koshuis kattekwaad aan te vang,” lag hy.

Dit beteken egter nie dat daar nie tyd vir “onskuldige” studentepret was nie. Hy vertel van die keer toe ’n troon-stoel by die Elgro-hotel amper voete gekry het, van gang 2 in Hombré (“ek was te mooi vir Caput”) se glyende waterspele met sopnat badkamers en vloere en van laatnag-sêr by die dameskoshuise.

“Prof Gert van den Berg van geskiedenis was ’n verstommende goeie storieverteller, en natuurlik, prof Dap Louw van sielkunde, wie ek vandag nog konsulteer oor forensiese sielkunde.”Deon en sy tweedejaar-kamermaat, Reinhard Eubel, was saam in die lugmag se koor- en konsertgroep, Die Kanaries, en bekend vir hul serenades onder donker kamervensters.

Dosente se invloed

“En dan was daar die voorreg van uitmuntende dosente. Prof Annette Combrink het onwetend ’n baie groot invloed op my skrywersloopbaan gehad toe sy eendag sien ek lees die Amerikaanse misdaadskrywer, Ed McBain, se boeke en vir my sê sy geniet sy werk ook, en dat McBain literêre meriete het".

Sedertdien het baie water in die see geloop en het die NWU hom verlede jaar as een van sy uitstaande alumni vereer. Deon word as een van Suid-Afrika se beste en mees gerespekteerde misdaadskrywers beskou. Hy het in 2009 voltyds begin skryf en het reeds 11 romans en twee bundels kortverhale gepubliseer.

En aangesien die drukkersink deur sy are bruis, kan lesers uitsien na nog baie leesstof uit sy pen.

Terwyl Deon ’n tweedejaarstudent was, het hy sy heel eerste motorfiets – ‘n Honda CX 500 – met sy Spur- en beursgeld gekoop. “Ek en my destydse meisie, Dainty Meintjes, is selfs een langnaweek daarmee Kaap toe en terug.”

inhoud