X

Nuus

Volgens Musa Zanempi, handelsmerkspesialis by die NWU se Institusionele Kantoor, is NWUtv ʼn wonderlike platform vir alle belanghebbers van die universiteit. Volg die skakel hieronder en kry toegang tot NWUtv op YouTube.

Kyk vir ons op YouTube

As jy dol is oor flieks en televisieprogramme of vir ure tussen video's op YouTube kan rondspring, gaan die nuwe NWU YouTube-kanaal binnekort een van jou gunstelinge word.

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Die NWUtv-kanaal het tans video's wat hoofsaaklik op die NWU se navorsings- en gemeenskapsbetrokkenheidsprojekte fokus.

NWUtv is aan die begin van April bekendgestel en vertel die NWU se storie – wat ons doen en bereik, en hoe ons help om lewens te verander en ’n verskil in gemeenskappe te maak.

 

Ons het vir Musa Zanempi, handelsmerkspesialis by die NWU se Institusionele Kantoor, gevra om ons meer te vertel.

 

V: NWUtv is in die begin van April bekendgestel. Waarom het die universiteit hierdie kanaal geskep?

A: In ʼn land met vinnige internet geredelik beskikbaar, is YouTube baie handig vir kommunikasie met belanghebbers, byvoorbeeld alumni. Ons glo ook dit sal ʼn doeltreffende instrument vir prof Dan Kgwadi, die visekanselier, wees om belangrike inligting rakende die implementering en werking van die universiteit se nuwe bedryfsmodel te kommunikeer.

 

Nog ʼn doelwit van die kanaal is om al die belanghebbers van die universiteit nader aan mekaar te bring en so eenheid te bevorder.

 

V: Wie hoop die NWU om via NWUtv te bereik?

A: Al ons belanghebbers, insluitende eksterne gehore soos alumni, besighede, donateurs, die regering en voornemende studente.

 

V: Watter inhoud is tans op die NWUtv-kanaal beskikbaar?

A: Ons het tans video's wat hoofsaaklik op gemeenskapsbetrokkenheid fokus. Dit is informatiewe video's wat ʼn oorsig gee oor sommige van die gemeenskapsbetrokkenheidsprojekte waarby die NWU betrokke is.

 

V: Wat maak NWUtv ʼn opwindende kanaal om te gebruik?

A: Daar is soveel verskillende dinge wat gedoen kan word. Ons begin nou maar eers al die moontlikhede ondersoek; ons kyk ook tans na die moontlikheid om in die toekoms digitale veldtogte op die kanaal te loods. Die NWU het ʼn goeie storie om te vertel en NWUtv is ʼn goeie medium om dit mee te vertel. Ek moedig almal aan om in te teken op die kanaal en op die uitkyk te wees vir nuwe inhoud wat gereeld gepubliseer sal word.

 

V: Waarom behoort die NWU se belanghebbers hierdie nuwe digitale kanaal met entoesiasme te aanvaar?

A: Dit is net die begin van iets groters wat die potensiaal het om die NWU-handelsmerk uit te bou en ten toon te stel – ʼn handelsmerk waarop almal trots kan wees.

 

NWU & U  |

inhoud

inhoud

NWU & U