X

Profiele

Thulani is tans die adjunkdirekteur van die Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika aan die Universiteit van Pretoria.

Thulani het steeds bande met die NWU en het die Mafikengkampus so onlangs soos 12 Februarie 2016 besoek om verskeie seminare aan te bied.

Albei sy ouers het ook ʼn verbintenis met die NWU. “My pa het sy honneursgraad deeltyds aan die Potchefstroomkampus voltooi en my ma het begin met ʼn graad in besigheidsbestuur. Hulle is hardwerkende mense.”

Thulani hou

klimaatsverandering dop

Gevaarligte flikker wêreldwyd oor klimaatsverandering. Dr Thulani Makhalanyane, alumnus van die Mafikengkampus, is ʼn Suid-Afrikaanse wetenskaplike wat dié verskynsel met ʼn valkoog dophou.

Sy soeke na kennis het hom na sommige van die droogste, eensaamste, mees ekstreme omgewings op die planeet geneem – van die versengende hitte van die Namibwoestyn tot die ysige, windverwaaide Antarktika.

Dit is wêrelde verwyder van Klerksdorp waar Thulani grootgeword het as die seun van ʼn skoolhoof en ʼn verpleegster, en waar hy hoofseun van sy skool en junior burgemeester van die stadsraad was.

Sy lewe sou heelwat anders uitgedraai het as hy die sakeloopbaan gevolg het waarvoor hy klaarblyklik uitgeknip was.

Wetenskap is opwindend

“Besigheid is vervelig,” sê Thulani, wat op skool uitgeblink het in dié vak. “Kan jy jou ʼn meer opwindende werk indink as om navorsing te doen op allerhande uiteenlopende plekke en om die wêreld vol te reis? Dis mos nou beter as om ʼn rekenmeester te wees!”

Sy passie vir navorsing het op die Mafikengkampus begin, waar hy ʼn BSc-graad in Chemie en Biologie behaal het, gevolg deur ʼn honneursgraad.

Die navorsingsprojek wat sy belangstelling geprikkel het, was oor die gehalte van grondwater in Madibogo, ʼn klein dorpie in die Noordwesprovinsie.

Daarna het Thulani sy MSc en PhD aan die Universiteit van die Wes-Kaap behaal.

In 2012 het hy met sy postdoktorale studies aan die Universiteit van Pretoria begin, en vinnig opgang gemaak tot by sy huidige pos as adjunkdirekteur van die Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika.

Hy het intussen al elke vasteland, insluitende Antarktika, besoek.

In 2014 was Thulani deel van ʼn Nieu-Seeland-geleide navorsingspan na die McMurdo Droë Valleie – die klein stukkie land in Antarktika wat vir ʼn deel van die jaar ys- en sneeuvry is.

Ideale toestande vir studie

Niks groei of leef in hierdie dorre, verlate landskap nie, wat presies is waarom dit so ideaal is vir wetenskaplike studie oor die effek van klimaatsverandering.

“Omdat daar geen plante of diere is nie, kan ons die mikrobiese gemeenskappe in die grond bestudeer met niks anders om die bevindinge te kompliseer nie,” sê Thulani.

Hierdie mikrobiese gemeenskappe is belangrik, want hulle is verantwoordelik vir koolstof- en stikstofbinding in die grond. Thulani verduidelik: “Koolstof en stikstof is noodsaaklik vir plantlewe. Sonder hierdie gemeenskappe kan plante nie stikstof fikseer nie, en is daar nie kos vir ons nie.”

Met geen ander lewensvorme om sake te kompliseer nie, kan wetenskaplikes enige veranderings in die diversiteit of funksionering van die mikrobiese gemeenskappe aan één ding toeskryf: klimaatsverandering.

“Sedert die sestigerjare het Antarktika hoë vlakke van temperatuurstygings ondergaan. Die vasteland se mikrobiese gemeenskappe is dus ideale modelle om die effek van klimaatsverandering te leer verstaan.”

Sy grootste loopbaanhoogtepunt tot op hede was dat een van sy artikels aanvaar is vir publikasie in die International Society for Microbial Ecology Journal, met ʼn impakfaktor van 9,4. ʼn Kortkop agter dié hoogtepunt was om hoofouteur te wees van ʼn resensie vir FEMS Microbial Ecology Reviews, met ʼn impakfaktor van 13,8.

Thulani dink graag terug aan sy drie weke in Antarktika. Dit wat hom die meeste bybly, is die stilte. “Dis baie stil, en baie mooi.”

Toekomsdrome

Uiteindelik wil Thulani een van die voorste navorsers in die wêreld word! “Dis my droom – ʼn Suid-Afrikaner wat by Princeton werk.”

Intussen is hy tevrede om verskeie navorsingsprojekte saam met sy studente aan te pak, om sy lewe met sy vrou Andiswa te deel en om sy drie jaar oue dogter Azahlume te sien grootword.

NWU & U

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Mal oor navorsing: Die navorsingsprojek wat dr Thulani Makhalanyane se belangstelling geprikkel het terwyl hy op die Mafikengkampus studeer het, was oor die gehalte van grondwater in Madibogo, ʼn klein dorpie in die Noordwesprovinsie.

NWU & U  |

Thulani is currently the deputy director of the Centre for Microbial Ecology and Genomics at the University of Pretoria.AGevaarligte flikker wêreldwyd oor klimaatsverandering. Dr Thulani Makhalanyane, alumnus van die Mafikengkampus, is ʼn Suid-Afrikaanse wetenskaplike wat dié verskynsel met ʼn valkoog dophou.

Sy soeke na kennis het hom na sommige van die droogste, eensaamste, mees ekstreme omgewings op die planeet geneem – van die versengende hitte van die Namibwoestyn tot die ysige, windverwaaide Antarktika.

Dit is wêrelde verwyder van Klerksdorp waar Thulani grootgeword het as die seun van ʼn skoolhoof en ʼn verpleegster, en waar hy hoofseun van sy skool en junior burgemeester van die stadsraad was.

Sy lewe sou heelwat anders uitgedraai het as hy die sakeloopbaan gevolg het waarvoor hy klaarblyklik uitgeknip was.

Wetenskap is opwindend

“Besigheid is vervelig,” sê Thulani, wat op skool uitgeblink het in dié vak. “Kan jy jou ʼn meer opwindende werk indink as om navorsing te doen op allerhande uiteenlopende plekke en om die wêreld vol te reis? Dis mos nou beter as om ʼn rekenmeester te wees!”

Sy passie vir navorsing het op die Mafikengkampus begin, waar hy ʼn BSc-graad in Chemie en Biologie behaal het, gevolg deur ʼn honneursgraad.

Die navorsingsprojek wat sy belangstelling geprikkel het, was oor die gehalte van grondwater in Madibogo, ʼn klein dorpie in die Noordwesprovinsie.

Daarna het Thulani sy MSc en PhD aan die Universiteit van die Wes-Kaap behaal.

In 2012 het hy met sy postdoktorale studies aan die Universiteit van Pretoria begin, en vinnig opgang gemaak tot by sy huidige pos as adjunkdirekteur van die Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika.

Hy het intussen al elke vasteland, insluitende Antarktika, besoek.

In 2014 was Thulani deel van ʼn Nieu-Seeland-geleide navorsingspan na die McMurdo Droë Valleie – die klein stukkie land in Antarktika wat vir ʼn deel van die jaar ys- en sneeuvry is

Ideale toestande vir studie

Niks groei of leef in hierdie dorre, verlate landskap nie, wat presies is waarom dit so ideaal is vir wetenskaplike studie oor die effek van klimaatsverandering.

“Omdat daar geen plante of diere is nie, kan ons die mikrobiese gemeenskappe in die grond bestudeer met niks anders om die bevindinge te kompliseer nie,” sê Thulani.

Hierdie mikrobiese gemeenskappe is belangrik, want hulle is verantwoordelik vir koolstof- en stikstofbinding in die grond. Thulani verduidelik: “Koolstof en stikstof is noodsaaklik vir plantlewe. Sonder hierdie gemeenskappe kan plante nie stikstof fikseer nie, en is daar nie kos vir ons nie.”

Met geen ander lewensvorme om sake te kompliseer nie, kan wetenskaplikes enige veranderings in die diversiteit of funksionering van die mikrobiese gemeenskappe aan één ding toeskryf: klimaatsverandering.

“Sedert die sestigerjare het Antarktika hoë vlakke van temperatuurstygings ondergaan. Die vasteland se mikrobiese gemeenskappe is dus ideale modelle om die effek van klimaatsverandering te leer verstaan.”

Sy grootste loopbaanhoogtepunt tot op hede was dat een van sy artikels aanvaar is vir publikasie in die International Society for Microbial Ecology Journal, met ʼn impakfaktor van 9,4. ʼn Kortkop agter dié hoogtepunt was om hoofouteur te wees van ʼn resensie vir FEMS Microbial Ecology Reviews, met ʼn impakfaktor van 13,8.

Thulani dink graag terug aan sy drie weke in Antarktika. Dit wat hom die meeste bybly, is die stilte. “Dis baie stil, en baie mooi.”

Toekomsdrome

Uiteindelik wil Thulani een van die voorste navorsers in die wêreld word! “Dis my droom – ʼn Suid-Afrikaner wat by Princeton werk.”

Intussen is hy tevrede om verskeie navorsingsprojekte saam met sy studente aan te pak, om sy lewe met sy vrou Andiswa te deel en om sy drie jaar oue dogter Azahlume te sien grootword.

inhoud

X

Thulani is currently the deputy director of the Centre for Microbial Ecology and Genomics at the University of Pretoria.

Hooked on research: The research project that sparked Dr Thulani Makhalanyane’s interest while he was studying at the Mafikeng Campus, was on the quality of groundwater in Madibogo, a rural village in the North-West Province.

inhoud

NWU & U