X

nuus

In hierdie artikel kyk ons na moontlike redes waarom sommige eerstejaarstudente kleitrap op universiteit en wat die NWU doen om hulle te ondersteun.

Waarom sommige eerstejaars nie die mas opkom nie

Daar is baie redes waarom eerstejaars soms sukkel om hul voete te vind of selfs opskop. Hier is 'n paar moontlikhede:

- Onvoldoende hoërskoolonderrig of geletterdheidsvaardighede

- Onvoldoende kennis van studiemetodes

- Onsekerheid oor loopbaan- of vakkeuses

- Oorywerige deelname aan die sosiale sy van studentwees

- Nie volwasse genoeg om uitdagings te hanteer nie

- Nie gewoond daaraan om self belangrike, rasionale besluite te neem nie

- Baie studente moet as gevolg van finansiële oorwegings deeltyds werk terwyl hulle studeer. Hulle het dan minder studietyd tot hul beskikking.

Ongeveer 12% van die studente wat in 2015 vir die eerste keer as voorgraadse studente by die NWU ingeskryf het, het nie in 2016 teruggekeer nie. Dit vergelyk egter goed met die nasionale syfer van 18,8%* in 2013 - waarskynlik as gevolg van die talle maniere waarop ons ons eerstejaars ondersteun.

*Kontakstudente 15,5% en afstandstudente 37,7%.

Noodhulp vir eerstejaars

Voor jy nog die NWU-perseel verlaat begin jy al wonder: sal Suzy die mas opkom? Sê nou sy raak depressief en emosioneel oorweldig? Sê nou sy kom nie reg met haar studies nie? Sê nou sy het die verkeerde vakke gekies?

En sê nou net sy word een van die horde eerstejaars in Suid-Afrika wat opskop – nog voor die einde van hul eerste jaar?

Hierdie is die soort gedagtes wat waarskynlik in baie ouers se koppe rondmaal, maar wees gerus – die NWU het verskeie strukture en dienste om die emosionele, fisiese en akademiese welstand van ons studente, veral ons eerstejaars, te verseker.

Laat ons eerstens kyk na die welstanddienste wat op ons drie kampusse gelewer word. Studente met maatskaplike, emosionele, gedrags- en aanpassingsprobleme word ondersteun deur dienste soos 'n 24 uur-krisislyn en psigoterapiesessies.

Daarby verskaf die universiteit gesondheidsdienste by ons kampusklinieke, ondersteun ons behoeftige studente met projekte soos die Meal a Day-projek en staan ons toegewyde eenhede op die kampusse studente met gestremdhede by.

Loopbaan-, kursus- en vakvoorligting op grond van psigometriese toetsing is teen 'n tarief aan eerstejaars en hoërskoolleerders wat sulke hulp nodig het, beskikbaar.

Nog 'n wonderlike geleentheid is die opedae wat op al drie kampusse gehou word waartydens hoërskoolleerders meer inligting oor verskillende vakke kry en kontak maak met personeel van die verskillende fakulteite.

Maar wat van Suzy se baie moeilike wiskunde-huiswerk? En het jy haar lywige sielkundehandboek gesien?

Dit bring ons by die akademiese steun wat aan al ons studente, maar eerstejaars in besonder, gebied word:

- Alle eerstejaarstudente lê akademiese geletterdheids- en vaardigheidstoetse af om uit te vind of hulle sal baat by die bykomende geletterdheidsmodules wat deur die NWU aangebied word.

- Ander akademiese steun sluit 'n ewekniementorstelsel, tutoriale, leeslaboratoriums en skryfsentrums in.

- Aanvullende Onderrig (AO) is 'n internasionaal erkende akademiese ondersteuningsdiens vir studente. AO verskaf addisionele studiesessies in moeilike modules. Hierdie sessies word deur opgeleide senior studente, wat die module reeds suksesvol voltooi het, gefasiliteer.

- Die Universiteit-voorbereidingsprogram (UnivPrep) is 'n oorbruggingsprogram vir studente wat andersins nie vir universiteitstoelating sou kwalifiseer nie.

- Wiskunde-opknappingsprogramme word aangebied vir eerstejaarstudente wat ingeskryf is vir kursusse wat wiskundemodules bevat.

- Verskeie verlengde BSc- en BCom-programme stel studente in staat om hul studies oor 'n langer tydperk te voltooi.

Dit is dus duidelik dat Suzy nie die uitdagings van haar eerste jaar alleen hoef aan te pak nie.

Opgeleide kundiges en medestudente staan reg om haar hand te vat en seker te maak dat sy nie net haar eerste jaar oorleef nie, maar 'n gebalanseerde NWU-student word wat uiteindelik met trots kan gradueer.

NWU & U

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

NWU & U  |

Waarom sommige eerstejaars nie die mas opkom nie

Daar is baie redes waarom eerstejaars soms sukkel om hul voete te vind of selfs opskop. Hier is 'n paar moontlikhede:

- Onvoldoende hoërskoolonderrig of geletterdheidsvaardighede

- Onvoldoende kennis van studiemetodes

- Onsekerheid oor loopbaan- of vakkeuses

- Oorywerige deelname aan die sosiale sy van studentwees

- Nie volwasse genoeg om uitdagings te hanteer nie

- Nie gewoond daaraan om self belangrike, rasionale besluite te neem nie

- Baie studente moet as gevolg van finansiële oorwegings deeltyds werk terwyl hulle studeer. Hulle het dan minder studietyd tot hul beskikking.

Ongeveer 12% van die studente wat in 2015 vir die eerste keer as voorgraadse studente by die NWU ingeskryf het, het nie in 2016 teruggekeer nie. Dit vergelyk egter goed met die nasionale syfer van 18,8%* in 2013 - waarskynlik as gevolg van die talle maniere waarop ons ons eerstejaars ondersteun.

*Kontakstudente 15,5% en afstandstudente 37,7%.

inhoud

Noodhulp vir eerstejaars

In hierdie artikel kyk ons na moontlike redes waarom sommige eerstejaarstudente kleitrap op universiteit en wat die NWU doen om hulle te ondersteun.

Voor jy nog die NWU-perseel verlaat begin jy al wonder: sal Suzy die mas opkom? Sê nou sy raak depressief en emosioneel oorweldig? Sê nou sy kom nie reg met haar studies nie? Sê nou sy het die verkeerde vakke gekies?

En sê nou net sy word een van die horde eerstejaars in Suid-Afrika wat opskop – nog voor die einde van hul eerste jaar?

Hierdie is die soort gedagtes wat waarskynlik in baie ouers se koppe rondmaal, maar wees gerus – die NWU het verskeie strukture en dienste om die emosionele, fisiese en akademiese welstand van ons studente, veral ons eerstejaars, te verseker.

Laat ons eerstens kyk na die welstanddienste wat op ons drie kampusse gelewer word. Studente met maatskaplike, emosionele, gedrags- en aanpassingsprobleme word ondersteun deur dienste soos 'n 24 uur-krisislyn en psigoterapiesessies.

Daarby verskaf die universiteit gesondheidsdienste by ons kampusklinieke, ondersteun ons behoeftige studente met projekte soos die Meal a Day-projek en staan ons toegewyde eenhede op die kampusse studente met gestremdhede by.

Loopbaan-, kursus- en vakvoorligting op grond van psigometriese toetsing is teen 'n tarief aan eerstejaars en hoërskoolleerders wat sulke hulp nodig het, beskikbaar.

Nog 'n wonderlike geleentheid is die opedae wat op al drie kampusse gehou word waartydens hoërskoolleerders meer inligting oor verskillende vakke kry en kontak maak met personeel van die verskillende fakulteite.

Maar wat van Suzy se baie moeilike wiskundehuiswerk? En het jy haar lywige sielkundehandboek gesien?