X

Profiele

Nkosi James Moremoholo glo dat ons almal daaraan moet werk om selfstandig te word en ons kan dit net regkry as ons beheer van ons lewens en finansies neem.

Moenie as kerkmuis sterf nie

As jy in armoede gebore is, beteken dit nie jy hoef in armoede te bly leef en so te sterf nie, sê Nkosi James Moremoholo, 23-jarige alumnus van die Vaaldriehoekkampus, onderwyser en skrywer van 'n boek oor finansiële onafhanklikheid, Mind Power: #iprayineverdiebroke.

Finansiële onafhanklikheid is 'n doel wat baie mense nastreef, maar min mense bereik. “Die huidige generasie moet aanspreeklikheid vir hul eie finansiële status aanvaar,” sê Nkosi.

“Daar is niks hartseerder as om te sien hoe bejaardes sukkel om op 'n karige pensioentjie aan die lewe te bly nie. Ek wil lesers deur my boek aan die basiese beginsels van selfonderhouding bekendstel.”

Dié wiskundeonderwyser van Vereeniging, wat sy BEd-graad in 2013 behaal het, skryf vanuit sy eie ervaring van grootword te midde van finansiële onsekerheid.

Meer as blote oorlewing

Nkosi was al op agt 'n weeskind wat met bitter min luukshede oor die weg moes kom. In Graad 12 het 'n onderwyser sy potensiaal raakgesien en hom die R150 gegee wat hy nodig gehad het om by die Noordwes-Universiteit in te skryf. Wanneer hy nie in 'n klas of met sy neus in 'n boek was nie, het hy groente verkoop en straatsmouse gehelp om hul ware te verkwansel.

In 'n beslissende oomblik het hy besef dat hy alleen vir sy toekoms verantwoordelik was en dat blote oorlewing nie sy enigste opsie was nie.

“Ek wil voorspoedig wees en in die proses ander mense aanmoedig om dieselfde te doen.”Nadat hy gegradueer het en formeel in diens geneem is, het hy 'n kamer in Sebokeng gehuur. As onderwyser by die Thuto-Lore Comprehensive School in Vereeniging sal hierdie kamer sy tuiste wees totdat hy sy drome verwesenlik het.

Die armoede-mite ontmasker

“My lewensfilosofie is dat, hoewel my omstandighede my tot 'n mate gevorm het, dit nooit die definisie sal wees van wie ek is nie,” verduidelik Nkosi.

“Ek glo elke mens kan kies om selfstandig te word deur beheer van jou lewe en finansies te neem. Ek kies om spaarsamig te lewe, omdat ek weet dat dit in die toekoms vrugte sal afwerp.”

In sy e-boek – wat teen $16,47 op Amazon verkoop word – verduidelik hy sy drieledige model: akademiese onderrig, professionele opleiding en finansiële opvoeding (wat die grootste deel van die inhoud uitmaak).

"Paying it forward"

'n Kernvraag wat die boek vra, is "Hoe finansieel intelligent is jy?”. Nog 'n onderwerp wat sterk na vore kom, is die waarde van filantropie: gee omdat jy ontvang het ("paying it forward").

“Ons is almal aan mekaar verbind en daarom behoort ons nie net na ons eie gesinne om te sien nie, maar ook uit te reik na diegene wat minder bevoorreg is,” sê Nkosi. “Waar sou ek vandag gewees het sonder die R150 wat my onderwyser in goeie trou vir my gegee het?”

Sy volgende groot projek is om met befondsers te skakel oor moontlike hulp om sy boek in Suid-Afrika gepubliseer te kry, om so die boodskap van finansiële onafhanklikheid meer toeganklik te maak.

Op sy Facebook-blad sê Nkosi: “… Geld stel jou in staat om die minderbevoorregtes te help… Om bankrotskap te vermy mag jou persoonlik bevoordeel, maar dit help ook die samelewing om jou. Entrepreneurskap bring ook verantwoordelikheid mee. Jy moet leer om werk te skep, die minderbevoorregtes te help en die wêreld te verander.”

NWU & U

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Een van die redes waarom Nkosi hierdie boek geskryf het, was om die mite van armoede – dat jy in armoede gebore is en dus in armoede sal sterwe – as onwaar te bewys.

NWU & U  |

Moenie as kerkmuis sterf nie

Nkosi James Moremoholo glo dat ons almal daaraan moet werk om selfstandig te word en ons kan dit net regkry as ons beheer van ons lewens en finansies neem.As jy in armoede gebore is, beteken dit nie jy hoef in armoede te bly leef en so te sterf nie, sê Nkosi James Moremoholo, 23-jarige alumnus van die Vaaldriehoekkampus, onderwyser en skrywer van 'n boek oor finansiële onafhanklikheid, Mind Power: #iprayineverdiebroke.

Finansiële onafhanklikheid is 'n doel wat baie mense nastreef, maar min mense bereik. “Die huidige generasie moet aanspreeklikheid vir hul eie finansiële status aanvaar,” sê Nkosi.

“Daar is niks hartseerder as om te sien hoe bejaardes sukkel om op 'n karige pensioentjie aan die lewe te bly nie. Ek wil lesers deur my boek aan die basiese beginsels van selfonderhouding bekendstel.”

Dié wiskundeonderwyser van Vereeniging, wat sy BEd-graad in 2013 behaal het, skryf vanuit sy eie ervaring van grootword te midde van finansiële onsekerheid.

Meer as blote oorlewing

Nkosi was al op agt 'n weeskind wat met bitter min luukshede oor die weg moes kom. In Graad 12 het 'n onderwyser sy potensiaal raakgesien en hom die R150 gegee wat hy nodig gehad het om by die Noordwes-Universiteit in te skryf. Wanneer hy nie in 'n klas of met sy neus in 'n boek was nie, het hy groente verkoop en straatsmouse gehelp om hul ware te verkwansel.

In 'n beslissende oomblik het hy besef dat hy alleen vir sy toekoms verantwoordelik was en dat blote oorlewing nie sy enigste opsie was nie.

“Ek wil voorspoedig wees en in die proses ander mense aanmoedig om dieselfde te doen.”Nadat hy gegradueer het en formeel in diens geneem is, het hy 'n kamer in Sebokeng gehuur. As onderwyser by die Thuto-Lore Comprehensive School in Vereeniging sal hierdie kamer sy tuiste wees totdat hy sy drome verwesenlik het.

Die armoede-mite ontmasker

“My lewensfilosofie is dat, hoewel my omstandighede my tot 'n mate gevorm het, dit nooit die definisie sal wees van wie ek is nie,” verduidelik Nkosi.

“Ek glo elke mens kan kies om selfstandig te word deur beheer van jou lewe en finansies te neem. Ek kies om spaarsamig te lewe, omdat ek weet dat dit in die toekoms vrugte sal afwerp.”

In sy e-boek – wat teen $16,47 op Amazon verkoop word – verduidelik hy sy drieledige model: akademiese onderrig, professionele opleiding en finansiële opvoeding (wat die grootste deel van die inhoud uitmaak).

"Paying it forward"

'n Kernvraag wat die boek vra, is "Hoe finansieel intelligent is jy?”. Nog 'n onderwerp wat sterk na vore kom, is die waarde van filantropie: gee omdat jy ontvang het ("paying it forward").

“Ons is almal aan mekaar verbind en daarom behoort ons nie net na ons eie gesinne om te sien nie, maar ook uit te reik na diegene wat minder bevoorreg is,” sê Nkosi. “Waar sou ek vandag gewees het sonder die R150 wat my onderwyser in goeie trou vir my gegee het?”

Sy volgende groot projek is om met befondsers te skakel oor moontlike hulp om sy boek in Suid-Afrika gepubliseer te kry, om so die boodskap van finansiële onafhanklikheid meer toeganklik te maak.

Op sy Facebook-blad sê Nkosi: “… Geld stel jou in staat om die minderbevoorregtes te help… Om bankrotskap te vermy mag jou persoonlik bevoordeel, maar dit help ook die samelewing om jou. Entrepreneurskap bring ook verantwoordelikheid mee. Jy moet leer om werk te skep, die minderbevoorregtes te help en die wêreld te verander.”

Een van die redes waarom Nkosi hierdie boek geskryf het, was om die mite van armoede – dat jy in armoede gebore is en dus in armoede sal sterwe – as onwaar te bewys.

inhoud

One of the reasons Nkosi wrote this book was to debunk the myth that if you are born into poverty, you will die in poverty.

inhoud

NWU & U