NUUS

 

Die NWU het vele fenomenale vroue wat groot vooruitgang op hulle onderskeie vakgebiede gemaak het. Die universiteit sal voortgaan om ’n veilige omgewing te skep wat sal toelaat dat alle vroue gelyke geleenthede sal hê om in hulle studies, loopbane en persoonlike lewens te floreer.

 

 

’n Lang pad lê voor

 

Op 9 Augustus 1956 het ongeveer 20 000 vroue na die Uniegebou opgeruk om te protesteer teen die onregverdige paswette wat in Suid-Afrika afgedwing is. Hoewel die paswette vandag lankal iets van die verlede is, ervaar vroue steeds ongeregtigheid en ongelykheid.

 

’n 2020-opname van PricewaterhouseCoopers toon dat vroue slegs 14% van die 329 poste beklee as hoof- uitvoerende beamptes, 291 as hoof- finansiële beamptes en 826 as uitvoerende direkteure van maatskappye wat op die JSE genoteer is.

 

Aan die ander kant is Suid-Afrika volgens ’n 2021-verslag van die Wêreld Ekonomiese Forum onder die top-20-lande met ’n groot aantal vroue in die parlement.

 

Hoewel ons dus in dié opsig goeie vordering gemaak het, moet daar nog baie gebeur om te voldoen aan die aspirasies van die vroue wat in 1956 aan die optog deelgeneem het.

 

Vroue, laat julleself geld – hierdie maand en elke maand

In Augustus van elke jaar – Vrouemaand – salueer en vier die NWU vroue uit alle vlakke van die samelewing.

Kyk na hierdie video, Enterprising Women Programme 2021 om saam met ons vroue te vereer vir die rol wat hulle in die gemeenskap speel – in die algemeen en veral as vroue-entrepreneurs.

Die universiteit het hierdie jaar vroue gevier deur ’n veldtog te loods waar akademici en personeel van verskeie departemente en fakulteite kort video’s opgeneem het oor kwessies wat vroue na aan die hart lê.

 

Geestesgesondheid, hoe om ’n besigheid te begin, en gesonde eetgewoontes is van die onderwerpe waarop kundiges gekonsentreer het.

 

In die video Spousal maintenance, gee dr Estie Gresse van die Fakulteit Regte ’n kort oorsig oor onderhoud wat deur ’n eggenoot betaal moet word en hoe om dit af te dwing. Sy sê onderhoud word deur ’n aantal faktore bepaal , en praat oor wat ’n mens kan doen as ’n bevel rakende onderhoud verontagsaam word.

 

Die video van dr Mariette Swanepoel van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe is getiteld Take a stand on sitting. Sy sê die gemiddelde volwassene sit vir 15 uur per dag, wat die kanse verhoog om ’n kardiovaskulêre siekte op te doen. Mariette gee ook praktiese wenke oor hoe om daaglikse doelwitte te stel om jou vlakke van fisiese aktiwiteit te verhoog.

 

By die NWU vereer ons hierdie en alle ander vroue wat hulle kundigheid deel om die lewens van ons belanghebbers te verbeter, wat grensverskuiwende navorsing doen en ons kernbesigheid ondersteun.

 

 

 

 

DIe NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende ARTIKEL

vorige artIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Hoe om selfs beter te word

 

In hierdie video’s deel kundiges van verskillende dissiplines by die universiteit inligting oor hoe vroue selfs nog meer kan word as wat hulle voorheen was.

 

Everything is possible

 

Take a stand on sitting

 

Spousal maintenance

 

Optimum nutrition for all

 

Everything you do is valuable, be authentically you

 

Reality of intangibles

 

Females in sciences: motivational message

 

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U